21-jarige sterf in fratsongeluk op strand

Foto: ER24

ʼn 21-jarige man is Saterdagoggend op Suncoast-strand in Durban dood nadat ʼn boomstomp tot bo-op hom gerol het.

“Die man het onder die boomstomp gelê toe paramedici omstreeks 01:30 by die toneel opgedaag het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gese.

Die boomstomp was bo-op ʼn heuwel voor dit losgebreek en afgerol het.

“Paramedici kon ongelukkig nie enigiets vir die man doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Verdere inligting rondom die omstandighede is nie bekend nie. Die owerhede was op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sue ·

Ek stem saam met jou Luister. Die Bybel sê dt op ń paar plekke. Bv. Pred 8:8 niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie. Num 24:23 wie kan in die lewe bly as God dt niebepaal nie. Om maar 2 te noem. As mens verder en deeglik lees is daar nog baie sulke voorbeelde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.