21 OB-benoemings, insluitend dié van Madonsela

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Die parlementêre ad hoc-komitee wat getaak is met die benoeming van ʼn kandidaat vir die pos van die nuwe openbare beskermer (OB), het reeds 21 nominasies ontvang, insluitend dié van die huidige OB, Thuli Madonsela.

Makhosi Khoza, voorsitter van die komitee, het gesê Kevin Malunga, Madonsela se adjunk, is ook benoem. Volgens die Grondwet mag Madonsela egter nie ʼn tweede termyn dien nie aangesien die OB slegs vir ʼn tydperk van sewe jaar mag dien. Madonsela se termyn verstryk in Oktober.

Khoza het nie die name van die ander benoemdes bekend gemaak nie maar wel gesê daar is ʼn paar “interessante” benoemings en dat die komitee dit moeilik gaan vind om ʼn kortlys saam te stel.

Glynnis Breytenbach, DA-LP, het intussen versoek dat die CV’s van al die benoemdes en aansoekers openbaar gemaak moet word. Volgens Breytenbach stem sy nie saam met Khoza se stelling dat die benoemdes toestemming moet gee voordat hul CV’s openbaar gemaak kan word nie.

“Enige kandidaat wat nie sy of haar CV openbaar wil maak nie, moet nie oorweeg word om die kritiese hoofstuk nege-instelling te lei nie,” het Breytenbach gesê. Volgens haar sal dit dui op “geraamtes in die kas” indien ʼn kandidaat nie sy of haar CV wil bekend maak nie.

Lede van die publiek het nog tot Vrydag om iemand te benoem vir die pos van OB. Die benoeming moet ʼn motiveringsbrief, CV, kontakbesonderhede en ʼn getekende aanvaardingsbrief van die benoemde insluit.

Volgens Khoza sal die name en besonderhede van die benoemdes teen einde volgende week op die parlement se webtuiste bekend gemaak word.

Nominasies moet Vrydag teen 16:00 die komitee bereik by: Derde vloer, Pleinstraat 90, Kaapstad 8000 of Posbus 15, Kaapstad 8001 of by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marc ·

“Volgens die grondwet” ….nou van wanneer af steur iemand hulle aan die grondwet?

Lilipit ·

Die vroueliga wil hoeka in 2019 ‘n vroulike kandidaat voorstel… Hiers thuli se kans!

Pammy ·

Adv Thuli Madonsela is myns insiens die heel beste kandidaat vir die pos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.