21 onwettige vuurwapens in Durban-huis gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Altesaam 21 onwettige vuurwapens is Woensdag in ʼn huis in Bellair in Durban gevind.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang oor ʼn groot aantal onwettige vuurwapens in die huis en het Woensdagoggend op die perseel toegeslaan.

“Die polisiebeamptes het die huis deursoek en 27 verskillende soorte vuurwapens gevind en daarop beslag gelê,” het Zwane gesê. “Verdere ondersoek het getoon ses van die vuurwapens is op die naam van die huiseienaar, wat oorlede is, geregistreer. Die ander 21 vuurwapens was ongelisensieerd.” Die polisie het ook op meer as 2000 koeëls en 50 houers kruit beslag gelê.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Zwane het gesê niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie, maar die saak sal deur die Bellair-polisie ondersoek word.

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die gemeenskap geloof wat die wenk aan die polisie gegee het. “Ons raai familielede van oorledenes aan om die oorledene se vuurwapens by die polisie in te handig of aansoek te doen vir lisensies vir die vuurwapens, omdat dit onwettig is om ʼn oorlede familielid se vuurwapens sonder die nodige lisensies te hou,” het Langa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Koos ·

Ek kan nie glo daar is mense wat hul vuurwapens by die polisie inhandig nie deaktiveer die wapens by n geweersmid kry n sertifikaat en hang die vuurwapen teen jou muur

Leon Pit ·

En raai wat net een van die 21 gaan wetlik vernietig word, die ander gaan wee soos altyd voete kry .

Ben Prinsloo ·

In wie se huis is die wapens gekry? Daar word by n vorige geleentheid vinnig gesê dit is by n AWB se huis gekry, nou wat gaan hier aan? Ek vra maar net?

Cherokee ·

Ek sal ook graag wil weet in wie se huis dit gevind is en ek ‘vra nie maar net’ nie maar wil werklik weet. Die berigskrywers kan gerus ook sê waarom die politieke verbintenis van die eerste geval aan die vlagstok gehang is maar die van die tweede word verswyg. Soos reeds gesê, ek ‘vra nie maar net’ nie maar is ernstig oor die vraag.

zahn ·

Sjoe, ek moes nou 8 maande wag vir my lisensie om te kom. Ek sal enigiemand aanbeveel om nie oorledenes se wapens in te handig nie! Of selfs enige wapen by die polisie in te handig nie. Dit is waar die goed gesteel of herwin word. Ek sal graag wil weet, hoeveel wapens word elke jaar by wettige lisensiehouers gesteel, en hoeveel van die onwettige wapens word elke jaar gekry? As daar bv 100 wapens gesteel word in huisbrake, en 200 word met klopjagte teruggevind is die probleem mos nie aan die wetsgehoorsame mense se kant nie? Maar ons word dood gereguleer? Maak nie sin nie.

plaasjapie ·

Nie dat ek dit sal doen nie….maar ek wonder wat hulle kan doen as jy jou eie vuurwapen onskadelik stel(deaktiveer) en teen jou muur hang ?

snoefie ·

hoekom n vuurwapens deaktiveer? hoekom n vuurwapen inhandig? vroeer of later gaan jy dit berou.

plaasjapie ·

Stem saam met jou…dis hkm ek se dat ek dit nie sql doen nie. Ek ongelukkig mense wat nie deur die prosedure wou gaan om hulle wapens te “herlisensieer” nie en het dit toe maar gaan inhandig.
Sal ook mense afraai om in te handig !

Cherokee ·

Ek stem ook saam dat vuurwapens nie ingehandig moet word nie maar die enigste alternatief (anders as om te te deaktiveer wat buitendien ongewens is) is om te te herlisensieer. Om ‘n lang wagtyd te voorkom kan dit dalk voortydig gedoen word, alhoewel ek wonder of dit toegelaat sal word want dit sal neerkom op dubbel-lisensieëring. Ten minste kan die veronderstelde nuwe eienaar intussen ‘n bevoegdheidsertifikaat bekom wat lisensieëring sal verhaas.

Irene ·

A vrou wag nou al maande vir lesensie wat gestuur is na polisie stasie in pretoria glo nou lesensie is verlore wat nou

Cherokee ·

Wat bedoel jy by ‘wat nou’? Dit is mos logies dat as die polisie dit laat wegraak het moet hulle dit vervang en as jy dit laat wegraak het is dit jou verantwoordelikheid. ‘Lisensie’ is hoe dit geskryf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.