‘21 spanne soek oplossing vir e-tol’

e-tol

Argieffoto

Gautengers kan glo daarvan verseker wees dat die regering aandag skenk aan die ongewilde e-tolstelsel in dié provinsie.

David Makhura, premier van Gauteng, het inwoners Maandag verseker dat e-tol aandag van die regerende party geniet. “Terwyl die gebruikersbetaalbeginsel nié bevraagteken word nie, is dit duidelik dat e-tol lewenskoste verhoog en dus onvolhoubaar is,” het Makhura gesê.

Hy beweer 21 regeringspanne is tans hard aan die werk om ʼn oplossing vir die e-tolsituasie te vind.

“Pres. Ramaphosa het my pas weereens gerus gestel dat die oplossing van die e-tolsaak een van die kwessies is wat sy dringende aandag geniet,” sê Makhura.

Dit is geen geheim dat Makhura nié ten gunste van die e-tolstelsel is nie. Die premier en sy mede-ANC-leiers in die provinsie het verlede jaar aan ’n optog na die Uniegebou in Pretoria deelgeneem in protes teen dié stelsel.

Hy het ten tyde van dié betoging gesê dat e-tol nié in Gauteng welkom is solank die regerende party in beheer is nie.

Electronic Tolling Collection (ETC) het in Januarie vanjaar ontken dat die Gautengse e-tolkontrak by die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) hernu is, soos beweer deur die DA se Solly Msimanga. Die ETC het beweer die kontrak is bloot verleng en nié hernu nie, in ooreenstemming met die bepalings van die kontrak wat in 2009 tussen die partye aangegaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Hoe nou... ·

Hoekom nog spanne aanstel? Ek het die oplossing….skrap dit en beweeg aan.

Lewies ·

Laat ek dit onmiddellik duidelik maak: ek is dood gekant teen die e-tolstelsel. Dit blyk egter dat die regering aan die een kant en die publiek aan die ander, ‘n onoorkomentlike kloof tussen hulle het. Maar is dit nie moontlik om ‘n aanvaarbare middeweg te vind nie?
Wat daarvan as die tariewe vasgepen word sonder jaarlikse verhogings, vir sê 5 jaar en die tarief so billik maak dat dit vir die publiek aanvaarbaar sal wees? Dit lyk vir my na ‘n wen-wen situasie: die geld wat spandeer is word dan nie vermors nie en hopelik sal motoriste nie verder die irritasie van tolhekke hoef te beleef nie. Ek besef dat daar kritiek op hierdie voorstel sal wees, maar ‘n skikking, eerder as ‘n kapitulasie is altyd meer aanvaarbaar en moontlik.

Ed ·

Laat net die blankets betaal soos gewoonlik, Hulle het die pad immers gebou. Vat sommer die plase langs die pad ook, moet net nie sleg voel nie. Dit kom die ANC en EFF toe, Hulle het mos hard gebou aan n “vooruitstrewende” RSA

Ed ·

Laat net die blankes betaal soos gewoonlik, Hulle het die pad immers gebou. Vat sommer die plase langs die pad ook, moet net nie sleg voel nie. Dit kom die ANC en EFF toe, Hulle het mos hard gebou aan n “vooruitstrewende” RSA

Jean van der Riet ·

Want dan kan 20 meer spanne , 20 keer meer ” Back hands ” ontvang my seun !

Lalie ·

Daai etolle moes in die eerste plek nie opgerig gewees het nie.

christa ·

SE EK OOK SKRAAP DIT BEWEEG AAN ONS LAND HET NIE GELD OM TE MORS NIE EK KAN NIE VERSTAAN HOE HUL KOPPE WERK NIE HUL LEEN ORALS GELD VIR SULKE GEMORS EN DIE ARM BELASTING BETAALERS MOET OP DOK DAAI GELD VIR ETOL IS GELEEN BY G E P F PENSION FONDS DIS HOEKOM EK SE N SWART MAN KAN NIE DIE LAND REGEER NIE

Andre Stander ·

Betaal gaan ons betaal… ek vermoed dit gaan eenvoudig by die brandstof heffing bygevoeg word – wat seker nie n slegte ding is nie as mens in gedagte hou die taxi’s loop ook op brandstof… die selfde brandstof wat ons elke dag moet voor hoes.

Daan Erasmus ·

Die idee van brandstof heffings is nie ‘n goe idee nie. Geld dit net in Gauteng gaan ek van Ellisras in Limpopo deur Gauteng ry sonder brandstof in gooi. Iemand op die grens van Gauteng gaan ook nie in Gauteng i gooi nie.
Koos se grassnyer moet dan ook help betaal aan die pad.
Die E Tol stelsel is steeds die beste. Dit is net swak aangevoer.

Skroef ·

As n mena name wil verander en tol wil vra, los bestaande paaie uit. Op hoeveel maniere betaal ons alreeds om paaie in stand te hou? Gaan kyk in nw en mp en raai hoe was die paaie in stand gehou? Hier n prop, daar n gat daar n prop gat prop. Die mense in daardie provinsies betaal meer as gp per liter en kry minder vir hulle geld. Nee bog! Hulle het onreh!atig tolhekke oo bestaande paaie gesit, laat hulle die knock vatvir daardie voorbarigheid. Goeie belasting geld her daarsie paaie gebou nie n anc, gupta of china almoesie nie.

riaan ·

Stel maar 621 spanne aan om oplossings te soek – ek gaan nog steeds NIE betaal nie!!!!

Stephan Cronje ·

Dis vir my so mooi… wil hulle nie maar nog ñ span aanstel nie… dan is dit darem ñ gelyke getal… of vra bietjie rond wie nognie genoeg geld ontvang het nie en maak nog ñ paar spanne vol. Wat is die kans vra ek jou dat selfs net een van daai spanne met ñ werkbare oplossing gaan kom? GEEN. Ek dink dit is elkgeval net ñ storie wat hulle vertel want hulle dink almal is so breindood soos hul kiesers. Hierdie ou turksvytjie wat JZ geplant het gaan nie sommer net aan hom laat snoeie nie.

Elna ·

Ek sal ook nie betaal nie jammer!! Hulle ry met vervalsde nommerplate rond op die etol paaie dan stuur hulle dit na jou adress toe inside info! Dan is dit heeltemaal n ander voertuig maar met jou nommerplate en hulle is nie skaam om vir jou die wit en swart foto te stuur nie hoor! Ek sal nie etol betaal nie ek weier!!!

Wurmpie ·

Ek kry ñ etol rekening van R1860. Nie my kar op die foto ook nie die kar op die foto se regestrasie nommer. My ID daarby. Ek sal dit nooit betaal nie. Hul moet my hof toe vat

Veronica ·

Eks nie deel van die 21 spanne nie maar ek het ook n oplossing . . .
Verwyder etoll in totaal , stop dit op 1 April 2019 en refund almal wat so getrou betaal het ( soos ek ) ek het daai geld bitter nodig!!!

alida ·

Veronica ek is bevrees ek het slegte nuus vir jou. ‘n Refund gaan jy in hierdie lewe nie sien nie maar hoekom het jy in die eerste plek die gemors betaal. Dit was ‘n flop reg van die begin af want hulle het agterstevoor gewerk. Plaas het hulle by die Gautrain mense gaan leer. Jy betaal eers dan ry jy met die trein en dit is hoekom dit ‘n sukses was en steeds is. Maar nee ‘n paar slim manne het dollars gesien inrol en maak hulle dit ons probleem.

Dieter ·

Ai Veronica.
Ons almal het dan aan die begin so mooi ooreengekom om nie te betaal nie.
En daar laat jy ons toe in die steek. Hoekom?

Etol was die EEN projek waar dit so maklik sou wees vir almal om saam te staan.
Al wat van jou verwag is, was om NIKS te doen nie.
Ja, dis reg. NIKS nie.
Geen petisies of optogte nie.
Geen hofsake of voorleggings nie.
Moet net nie betaal nie. Ignoreer die kennisgewings en aanmanings.

So as mense nie eens kan saamstaan wanneer daar van hulle NIKS verwag word nie, wat is die kans dat mense sal kan saamstaan wanneer iets van hulle verwag word?

Maar daar sal seker maar altyd die “goody two shoes” tipe wees wat tog sooooo graag wette wil gehoorsaam.

Boertjie ·

@Dieter, omdat ek ‘n bruikhuur-voertuig ry, is deel van die gebruiksvoorwaarde dat ek ‘n e-tol skyfie moet hê, en in stand moet hou. Dit druis lynreg teen alles wat ek glo, in, maar nou ja, soos hulle sê: It’s the golden rule. they who have the gold, make the rules…

Ellisras ·

So baie gee kommentaar en kritiek. Selfs die organisasie OUTA. Daar is egter min tot geen duidelike, goed gemotiveerde alternatief nie. Juis omdat E Tol ‘n goeie idee is van “gebruiker” betaal.

Riaan ·

Niemand het gese dit is nie ‘ n goeie idee of dat ons nie sal betaal nie. Die stelsel is verkeerd geimplementeer wat maak dat invordering alles BAIE duurder maak en dit omdst ‘n paar politisie by die Oosterrykers geld maak deur kickbacks!
Kry jou feite reg as jy wil saampraat of bly stil

D B ·

@ Ellisras, vertel gou bietjie, wat is so goed aan die idee van E-Tol?

Alternatiewe? Wel, die belasting wat al jare elke maand van my salaris afgetrek word is een. Wag, wag, hier’s nog een, wat van die halfdosyn plus belastings wat ons almal betaal op petrol?

Nee wat, punt is eenvoudig, die geld is/was daar, kan weereens maar net nie deur onbevoegdes bestuur word nie.

Muskiet ·

Alida, Gautrein kos die belasting betaler duisende per maand!

alida ·

Waar is my kommentaar ivm die werkskeppings projek van 21 spanne !!! Ek trap op NIEMAND se tone nie.

SL ·

Die Gautrein is nie ‘n sukses nie. En mens betaal oor jy ‘n gewete het.

Andre Stander ·

Ek is bevrees die land se omstandighede het Laaankal my “gewete” dood gemaak…

Ek gee nie geld vir karwagte nie.
Ek gee nie geld aan half-dood-verkeerslig-bedelaars nie.
Ek voel Glad Nie sleg as ek [agressief] iemand wat my op straat benader met ‘verbal judo’ van my af weg hou nie.
Ek voel nie sleg vir die dief wat 12x jaar tronkstraf opgelê is na ék teen hom in die hof getuig het nie.

Yip, my ‘gewete’ pla my Laaankal nie meer nie, maar ek lewe nog ten spyte van….

Cor ·

Nie 21 spanne nie maar net 21 dae voor die verkiesing sal dit afgestel word om weer stemme te probeer trek met die verkiesing . Hou maar die spasie dop MM moet nou al sy spesiale kollom daarvoor voorberei

Bamsie ·

Ek is nie seker maar gaan byna die helfte van die E tol geld nie na n oorsese invorderings maatskappy. Hoe kan dit geregverdig word?

Prokureur ·

Hou op kla julle gebruik die tol oaaie maar will nie betaal nie Tol paaie bied baie meer veiliger en V oplossing as julle n problem het gebruik alt roetes

Alida ·

Hoeveel mense is in n span maal dit met 21. n Hele paar manne wat natuurlik deur die ANC aangestel is gaan lekker vet salarisse kry. Hulle spog mos so met hoeveel werk hulle skep. Siek en belaglik. Ek voorspel hewige teenkanting van die DA oor die 21 spanne. Dis reg roer hulle want dit is geld mors. Weereens nie gedink nie. Julle wat op die platteland woon moet asb nie kommentaar lewer nie dit raak nie julle sakke nie ASB.

Hanna Hoekom ·

As ek nou reg verstaan is dit die ANC wat nou befoeterd raak vir n ANC projek? Ten spyte van goeie finasiele raad uit verskeie oorde, het hulle doodeenvoudig die e-tol gaan deurdruk. En nou wil hulle kastig die arme verbruiker verdedig?

Pieter ·

Ek sal seker al my etol geld dan terug kry as die stelsel verdwyn. Hahaha.

Chris Ws ·

Ek wag steeds vir ‘n e-tol rekening wat per geregistreerde pos by my afgelewer word.Die wat net gewoon gepos word ignoreer ek eenvoudig net.Ek bly op ‘n plaas en daar is GEEN instandhouding wat gedoen word aan die grondpad nie behalwe wat sekere boere met die regte toerusting self doen.
Ek bly nie eens in daai provinsie nie en kom min daar.Die huidige heffing op brandstof bring meer as genoeg geld in om vir instandhouding te kan sorg.Skrap e-tol en kry klaar.

GM ·

Sjoe Alida, ek is seker mense van die platteland ry ook soms dié paaie.

MS ·

Ons wat dit ELKE dag ry, en elke dag moet betaal, voel dit BAIE meer as julle wat dit “soms” ry. R800 per maand vir E-tol, bo-op petrol pryse, is absoluut buitensporig. Maklik vir mense om kommentaar te lewer wanneer n saak hulle nie regtig raak nie.

Koos de Meyer. ·

93% van die geld gaan Oostenryk toe. Waar is ons voertuig lisensie geld. Die admin geld sou eenmalig R30 rand gewees het, nou is dit al R72 ekstra op jou voertuig lisensie. Ons lisensie geld was ondermeer om paie in stand te hou. Waar gaan die heffing in die brandstof heen. Daar is niks wat nie meer belas is nie. Ek sal ook nie tol betaal nie.

Eugene ·

Enige fonds in die verkeerde handle beteken “staatskaping” en soos gewoonlik moet die swart skaap betaal.

Sê net ·

Los Alida uit. Sy voel sleg want sy is een van die mense wat betaal en nou gaan sy nie ‘n refund kry nie. Sy sal dit ook nooit erken nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.