21 sterf aan malaria in Mpumalanga

Argieffoto. Foto: Pixabay.

Altesaam 21 mense in Mpumalanga het vanaf April tot Junie aan malaria gesterf en 1 790 malariagevalle is in hierdie tyd in die provinsie aangemeld.

Mandla Zwane, waarnemende direkteur van oordraagbare siektes in die provinsie, het gesê die mense is almal in die Bosbokrand- en Thaba Chweu-gebiede dood. “Die uitbreking is verby en mense moenie hierdie provinsie vrees nie,” het Zwane gesê.

Zwane het die hoë voorkoms van die siekte oor hierdie tydperk toegeskryf aan baie reën en verhoogde humiditeit in die provinsie vroeër vanjaar. Hy het gesê malaria word gewoonlik opgedoen wanneer ʼn persoon deur ʼn anopheles-muskiet gebyt is. “Daar is 754 gevalle van malaria in Bosbokrand en 55 gevalle in Thaba Chweu aangemeld,” het hy gesê.

“Ons het baie reën in April gehad en dit maak die uitbroei van muskiete moontlik. Altesaam drie mense is in Bosbokrand dood en nog drie is in hospitale in ander gebiede dood nadat hulle vanaf Bosbokrand oorgeplaas is. Een mens is in Thaba Chweu dood. Ander plekke waar malaria voorgekom het, sluit gebiede soos Nkangala Nkomazi en Mbombela (Nelspruit) in.”

Zwane het volgehou die provinsiale departement van gesondheid is in volle beheer van die siekte en is besig met bewusmaking onder gemeenskappe in die provinsie oor die simptome van malaria en voorkomingsmaatreëls.

“Ons het die huishoudings wat geraak is, besoek en dit met chemikalieë gespuit,” het hy gesê. “Ons spanne het ook muskietbroeiplekke geïdentifiseer en seker gemaak dat die mense in hierdie gebiede behandel is.”

Zwane het gesê omdat malariasimptome soortgelyk is aan griepsimptome soos koors, hoofpyn en sweet, kry mense dikwels nie gou genoeg mediese hulp nie. Hy het ʼn beroep gedoen op mense in die provinsie om dadelik dokter toe te gaan indien ʼn persoon griepsimptome toon.

Die voorkoms van malaria en gevolglike sterftes in die provinsie is vanjaar hoër in vergelyking met verlede jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jan ·

Geen probleem nie. Ons woon in Nelspruit, ry dikwels deur Bosbokrand, besoek maandeliks Die Wildtuin, sonder enige medikasie, vat net smeergoed en spuitgoed saam as ons oornag. So die mense kan maar ontspan.

Yster ·

En dit kom natuurlik van Zim af. Pasop dit kan erger word. En verder versprei.

Dr Spid ·

The V8H23 grohe virus that is carried by the Malaria Mosquito is deadly. The Bora Mosquito can travel 180-250km per day traveling depending on wind speeds. The mosquito strain was already found as low as Vereeniging at the Vaal tri-angle. Be very carefull and use the appropriate products when moving Northwards in South Africa

Dr se dinges ·

Hou op strooi praat aab en daar was al vroeer jare gevalke van malaria in rustenburg. Vroeë 1900’s

Martins ·

ek dink as gevolg van aards verwarming is ons winters nie meer so koud nie.met die gevolg is malaria miskiete kan al dieper in suidafrika gevind word, ek dink dit gan al erger raak.

JAMES ·

Mensgemaakte aardverwarming is een groot foefie en die verspreiding van malaria moet glad nie daaraan toegeskryf word nie. Malaria word gereeld in koue lande soos Ruslang (Moskou) gesien.

Martins ·

Heeltemal reg dit het vroer gebeur maar ook as gevolg van warmer winters, onthou destyds was daar nie aards verwarming nie en omdat dit n aneenlopende ding die is glo ek malaria gan dieper inkom en meer gevalle sal gesien word.

Luc ·

My boetie is 2011 oorlede aan malaria in Nelspruit toe hy vir ‘n troue gaan cater het. Hy was ‘n chef by die Krugerwildtuin :(

Bittergal ·

As iemand wat al ses keer malaria opgedoen het, (diep in Afrika) kan ek vir Jan se, jy kan spuit en smeer soos jy wil. Muskiete word gelok deur die co2 wat jy uitasem. Meeste medikasie word ook eers aktief na ‘n week of twee. As jy in n probleem gebied woon, sien asseblief griep simptome in n ernstige lig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.