21 vas ná gewelddadige betogings in Limpopo

Foto: Verskaf.

Die polisie in Tubatse buite Burgersfort in Limpopo het 21 mense vasgetrek vir openbare geweld ná gewelddadige betogings buite dié dorp.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes, tussen 18 en 51 jaar oud, sal binnekort in die Praktiseer-landdroshof verskyn.

Volgens Ngoepe spruit dié inghegtenisnemings uit die gewelddadige betogings wat Dinsdag in die vroeë oggendure uitgebreek het toe die plaaslike gemeenskap eers die Praktiseer-pad buite Burgersfort versper het en later opgeruk het na die Tubatse-landdroshof.

“Die betogers het geëis dat ʼn moordverdagte se aansoek om borgtog geweier word,” het Ngoepe gesê.

Openbare orde- polisie is ontplooi en die situasie is gestabiliseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

julius ·

Die betogings raak nou lagwekkend. Vandag betoog hulle dat ‘n moordenaar nie borg moet kry nie en môre betoog hulle omdat borg geweier word. Hier sit iets groters agter die betogings.

Hanna ·

Hoekom hoor ons nooit van betogers wat tronkstraf kry nie? En hulle rig miljoene rande se skade aan ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.