21 vas wat glo bier aan onwettige myners wou smokkel

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Die Vrystaatse polisie het Donderdag 21 mense in hegtenis geneem en beslag gelê op R1,5 miljoen se bier wat glo vir onwettige myners bedoel was.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie se taktiesereaksie-eenheid, misdaadintelligensie-eenheid en veiligheidswagte van ʼn privaat maatskappy het ʼn klopjag op ʼn huis in die St. Helena-woonbuurt in Welkom in die Vrystaat gehou.

“Die verdagtes is betrap terwyl hulle items in plastiek vir aflewering toegedraai het,” het Thakeng gesê.

“Altesaam 21 verdagtes van verskillende wooneenhede in Thabong is in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op ʼn reusehoeveelheid 440 ml-bottels bier. Die huis het geen meubels gehad nie, maar is hoofsaaklik gebruik om hierdie items toe te draai wat na onwettige myners sou gaan.”

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste en sameswering om ʼn misdaad te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Goeie werk maar glo die inligting is deur informand verstrek.

Peet Schabort ·

Veels geluk SAPD.
Nou wag ek vir die berig wat lees: “21 vas wat glo plaasmoorde beplan”.

Riaan ·

Dit wil vir lyk of hierdie ouens meer party as myn.Het self n bottel stoor en 1.5miljoen rand se bier is baaaaaije.Ek kan nie eers sien hoe kry jy alles in n huis in nie.

Charles ·

Waar is die bier nou? Ons moet dadelik soontoe jaag en braai, voor die prys van rooivleis styg!

Ludi ·

Sal nie verbaas as net ‘n gedeelte van die buit dalk verklaar is nie.

Riaan ·

Charles dit is nou die beste plan wat ek in n lang tyd gehoor het,dit gaan n grooooot party wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.