21 Vrystaat-polisiebeamptes afgedank

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in die Vrystaat het gesê 21 van sy beamptes is afgedank en sal later vanjaar in die Welkom-landdroshof verskyn.

Kol. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die beamptes is op 30 Julie afgedank ná interne stappe. Die beamptes sal van September tot November in die hof verskyn op verskeie aanklagte waaronder korrupsie, diefstal en regsverydeling.

Volgens Makhele is die beamptes in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het oor onwettige aktiwiteite rakende goudpoeier. Makhele het gesê die beamptes wat afgedank is, sluit in een kaptein, vier adjudant-offisiere, twee sersante, 12 konstabels, ʼn reserviskonstabel en ʼn administratiewe werknemer.

Die beamptes is van verskillende eenhede in Welkom en Thabong en is verlede jaar in hegtenis geneem ná ʼn maande lange ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Niel ·

Hoe ironies! Hulle is veronderstel om die wet toe te pas? Niks verbaas my meer in hierdie vrot, voos land nie

Johan ·

Die losbandige wetteloosheid wat in alle fasette in ons samelewing deel raak van ‘n leefwyse is erg teleurstellend. Dit skok nie meer nie, maar stel regtig erg teleur. Dit is tog gerusstellend dat daar darem vervolging plaasvind. Swak speurwerk gaan definitief weer veroorsaak dat skuldigbevinding in hierdie gevalle weereens teleurstellend gaan wees.
‘n Eens trotse nasie is besig om korrupte leierskap slaafs na te volg en te steier onder die euwel wat elke faset van ons samelewing vergiftig.
Die seding: “Trots Suid Afrikaans” is tans meer ‘n verleentheid.

Corne ·

Stem 100% saam jou Johan! Oor paar maande is dieselfde beamptes maar net weer aan diens!

BoereBikerBaby ·

Ja dank hulle af want hulle is korrup en vervang hulle met wit mense wat die wet sal toepas sonder korrupsie. Witmense neem nog trots in wat hul doen. En daar is baie wat werk soek en opleiding sal waardeer….

NEL ·

Kan nie verstaan dat die polisie deesdae die nuus so oorheers nie. Min verslae oor misdaad en moordenaars wat gevang is maar vollop oor die korupte poliesemanne met uitsondering van ‘n paar wat nog trots is en hulle werk behoorlik probeer doen . Wonder waneer gaan die polisie kommesaris ‘n slag iets doen omtrent dien korupsie in die polisie.Sal maar die nuus dophou, miskien eendag as dit te laat is.

corrie steyn ·

Wat van die sogenaamde swart polisiemanne en vroue wat die wit mense so aanrand in Edenvale,hulle is nog nie eers gearresteer en loop vrylik rond,ek verstaan dat daar omtrent n duisend polisiemanne is wat wil terugkeer mag toe, maar wat ek hoor word hulle verhinder om weer aan te sluit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.