216 km/h om vlug te haal

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense is Sondag op die R24-snelweg in hegtenis geneem nadat hulle die spoedgrens oorskry het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê ʼn spoedlokval is tussen die Edenvale-afrit en Barbaraweg-brug gehou.

“ʼn 30-jarige man in ʼn Mercedes Benz-sedan is omstreeks 07:00 teen ʼn spoed van 216 km/h in ʼn 120 km/h-sone gevang,” het Kgasago gesê. “Hy het beweer dat hy gejaag het om betyds te wees vir vlug.”

Die ander ses is in hegtenis geneem vir spoedoortredings van tussen 161 km/h en 186 km/h.

“Almal wat in hegtenis geneem is, word aangekla van roekelose of nalatige bestuur. Hulle is na die Edanvale-polisiestasie geneem en is vrygelaat nadat hulle elkeen R1 500 borgtog betaal het.”

Die sewe mense moet binnekort in die Edenvale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

c.Bosman ·

Dis niks minder as reg hulle moes toegesluit geword het v n lang tydperk. Hierdie padvarke wat onskuldige mense se lewens in gevaarstel. Daar is net geen meer dissipliene op ons paaie nie almal ry net soos hul wil,want daar is geen dissipliene en orde I ons land nie. Dis n moerse groot sirkus!

Farkenhell ·

Ja want dis belangriker as moord en roof. Lekker soft targets wat nog sal moet betaal ook.

Steve ·

As die verkeerspolisie regtig hul werk doen en nie net Kentucky langs die pad sit en eet nie, sal hulle al daardie bestuurders met oorlaaide vragmotors, diegene wat by sperstrepe en blinde hoogtes verbysteek EN drank gebruik terwyl hul bestuur, van die paaie kan verwyder. As mens die spoedgrens oorskrei, oortree jy die wet. Teen 260 km per uur is jy n gevaar op die pad en hoort agter tralies!

Paplepel ·

Net ‘n opmerking: Ek kom agter uit die kommentare by hordes verskillende berigte dat dit nie saak maak hoeveel goeie werk die Polisie doen nie, iemand sal wel sy/haar mond uitspoel oor iets wat die Polisie nie gedoen het nie. Kyk na Farkenhell as voorbeeld hierbo; SAPS doen moord en roof sake, die Metropolisie doen verkeer. Hy lewer kommentaar oor iets wat hy ooglopend nie veel van weet nie. Sommer ‘n voorstel, as julle dit beter kan doen, hoekom is julle nie in die SAPS of Metropolisie nie? Dan kan julle mos vir die mense wys hoe dit gedoen moet word.

Jasper ·

Ek daag eerder te laat op vir my vlug as om te vroeg by my begrafnis te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.