217 Kubaanse dokters kom in SA aan

Mediese professionele persone van Kuba kom in Suid-Afrika aan (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het 217 mediese professionele persone van Kuba verwelkom wat Maandag in Suid-Afrika aangekom het om die land te help in die stryd teen die Covid-19-pandemie.

Ramaphosa het vroeër pres. Díaz Canel Bermúdez versoek om die mediese professionele persone na Suid-Afrika te stuur.

Die groep bestaan uit die volgende:
– kenners in epidemiologie, biostatistiek en openbare gesondheid;
– familiedokters om leiding te gee in deur-tot-deur-toetsing en om plaaslike gesondheidswerkers by te staan op gemeenskapsvlak;
– gesondheidsorgtegnologie-ingenieurs om bystand te lewer om die inventaris en ontplooiing by te werk en verouderde mediese toerusting te herstel; en
– kenners wat tegniese bystand kan lewer in samewerking met plaaslike kenners.

“In 2019 het Suid-Afrika en Kuba 25 jaar van gemeenskaplike voordelige diplomatieke betrekkinge en konstruktiewe samewerking gevier,” het die president in ʼn verklaring gesê. “Die SA-Kuba-ooreenkoms van samewerking in openbare gesondheid en mediese wetenskappe het baie suksesse behaal. Ongeveer 732 Suid-Afrikaners, hoofsaaklik van voorheen benadeelde gemeenskappe, het hul eerste vyf jaar van mediese opleiding in Kuba voltooi en as dokters gekwalifiseer sedert die Nelson Mandela/Fidel Castro- mediese opleidingsprogram in 1997 bekendgestel is. Talle ander ontvang steeds opleiding in Kuba en sal ook in die volgende paar jaar noodsaaklike primêre gesondheidsorgdienste aan hul plaaslike gemeenskappe lewer.”

Dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het ook haar dankbaarheid en waardering uitgespreek vir Kuba se “solidariteit en vinnige reaksie op ons versoek om ʼn multi-dissiplinêre span kenners en gesondheidsorgpersoneel te stuur om saam met ons Suid-Afrikaanse professionele span te werk in reaksie op Covid-19”.

Pandor het gesê mediese professionele persone van Kuba is tydens die Covid-19-pandemie reeds na 21 lande ontplooi.

Altesaam 1 369 gevalle van Covid-19 is reeds in Kuba aangemeld met minstens 54 sterftes.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Michael 1 ·

Hierdie is n skande ,wit en bruin suid afrikaners word gekeer om medies te swat weens die regering se diskriminerende kwotas beleid ,nou word dokters ingevoer wat meestal nie eers die engelse taal magtig is nie ,en die belasting betalers wat die minderhede insluit moet betaal hiervoor.

Maria M S ·

Michael 1, R440 miljoen later, dis n skande! Dr Angelique Coetzee se groep het ook hulle misnoë hieroor uitgespreek. Sy sê dié miljoene kon baie beter aangewend word deur plaaslike medici te gebruik.

Wilna ·

Wonder ek ook Anton. Hoop rerig die regte prosedures word toegepas deur hle in isolasie te plaas.

Nell ·

Ja hulle gaan vir 14 dae onder kwarantyn geplaas word – aldus die Youtube video oor hulle aankoms in Suid Afrika.

Retha ·

Hoop regtig so, hul kom versprei die virus en ons regereing verwelkom hul met ope arms

Willem ·

Hoop die wat so ophef van die ANC en dy ministers maak hulle voel vere vir julle..

Rodger17 ·

Ja hier voer cyril nou die kommuniste in na SA.Jare terug het hulle soos sleg honde in die nag teruggevlug Kuba toe omdat hul nie die mas kon opkom hier nie.Kuba is bekend dat hul van die laagste standaarde het op universiteite.Waar kom die geld nou vandaan?China en Kuba is kommunistiese lande.Hul klaar besig om SA oor te vat!

Jacobus ·

Hoop hulle vaar beter as die dosyne “mechanics” wat die vernielde weermag voertuie wat nog steeds in haglikke toestand staan en oproes moes kom herstel.
Ja, die kommies se skuld invorderaars leun nou swaar op ons kabaal. Een woord sies! Die prys vir ANC rasgekleurde seleksie proses.

Kokerboom ·

My vraag is: is dit werklik nodig? Beskik ons nie oor die mannekrag om die situasie die hoof te bied. Was daar enige konsultasie vooraf of inligting deurgegee dat die klomp Spaans sprekende mense die land gaan inval of is dit weereens ‘n agteraf gekonkel?Enige kwarantyn vir die mense?
Hoe lank gaan die medici bly en wat is die koste?Kon die geld nie beter aangewend word om die ekonomie op dreef te kry. Lyk verdag as ‘n paniekoptrede en ‘n tipiese regeringsoordoenaksie . Die President en sy ANC regering dink sker ons is skape, maar besef nie ons is OU skape!

Kobus ·

Skande! Klap in ons eie geleerdes se gesigte.Waar is my boesemvriend vandag nadat ‘n Kubaan hom behandel het? Sy as moet nog gestrooi word.Wat ‘n swak regering.Ek dink nie ANC het meer planne nie.

Nell ·

Hulle gaan vir veertien dae onder kawantyn geplaas word, aldus die Youtube vid. wat hulle aankoms wys.

Jaco ·

party van die dokters lyk baie wit. vreemd dat wit kubaanse dokters in SA mag werk, maar nie wit SA dokters nie.

Racheltjie Debeer ·

As Kuba al hul mediese personeel na ander lande toe stuur om te help, wie gaan na hul eie pasiënte omsien?

marius ·

Waar is die studente wat so gestaak en gegil het ? Seker almal spesialiste wat nie gewone dokters werk mag doen nie …..

Cecil ·

Dit maak my bang. Oor die 200 dokters om wat te kom doen. Nerens in SA is daar te min mediese personeel om huidige situasie te hateer nie. Weet die Regering dalk iets wat ons nie weet nie.

Bertie ·

Jees gelukkig hoef die regering nie nou BEE toe te pas nie, want die Dr`s is van Kuba af, of wat se ek Minister Ngubane en minster Nxesi?

Okmardom ·

Wat van hul eie mense? Wie gaan hulle behandel? Hierdie is deel van n groter plan….waarvan ons niks weet nie. Sit en kyk.

Okmardom ·

….en o ja! Hulle kan hul aankoms nie eers vier nie. Hier is nie dop nie!!

Janc ·

Hier sit ek rustig in my huise sonder stres, want volgens ons syfers en volgens ons regering is alles onder beheer…..

Ruben ·

Om wat te kom maak hier Die Anc ry nou die virus golf stukkend.

Kobus ·

Ek is geensins n voorstaander van Kuba nie, en die gehalte van Kubaanse dokters is onder verdenking (die standard van opleiding is SA het ook afgeneem die afgelope jare), maar instede van so krities te wees, onthou die mense kom om hulle lewe te waag vir Suid Afrikaners. Wereld wyd tel medici onder die hoogste risiko groep om die virus te kry en honderde dokters en “frontline” workers het al gesterf. As die hospitale werklik in moeilikheid in hardloop, kan die mense darem help en verligting bring vir die SA werkers. Dit kan een van hulle wees wat jou geliefde se hand vashou in die laasste oomblikke terwyl jy veilig in jou huis sit. Wat is die alternatief as daar n tekort is? Is julle wat kritiseer beter medies opgelei en bereid om covid pasiente te behandel, terwyl daar in alle waarskynlikheid n tekort gaan wees aan beskermende toerusting? Dit is nodig dat die wereld en mense saamstaan en bereid is om ander te help. Kyk miskien eerder so daarna.

jzjz05 ·

Ons dokters is van die beste in die wereld,hoekom nie meer van hulle gebruik maak nie?

Kobus ·

Die antwoord is baie eenvoudig. In baie van die ander lande (Italia/Spanje/Kanada ens.) het die virus so baie healthcare werkers aangesteek dat daar tans n tekort is. Kanada het die weermag versoek om hulp te verleen in veral die bejaardesorg sentrums waar daar n drastiese tekort is aan verpleeg en gesondheids personeel. As jy my boodskap reg lees, dui ek aan dat hul kan instaan as daar tekorte ontstaan van SA werkers. Gebruik die SA dokters, maar indien nodig kan die Kubaanse dokters uithelp. Jy moet onthou, dit is nie net Covid nie, die hospitale moet steeds omsien na die gewone siektes en behoeftes – as jy skielik duisende Covid pasiente bygooi, kan die hospitale en dokters dit eenvoudig nie hanteer nie – -soos aan die gebeur is in die ander lande. Die regering dink aan wat kan gebeur en maak nou voorsiening vir dit – die tendens is opwaarts en wie weet waar die syfers oor nog 3/4 maande gaan wees…

Anel ·

Kobus, die hospitale loop leeg. Hulke aanvaar jou slegs as jy die virus het. So jou stelling is verkeerd. Mense gaan aan baie ander siektes doodgaan as aan die virus.

Kobus ·

Ai Anel, Bly jy in die lande waarna ek verwys om te weet dat die hospitale loop leeg? Jy het so min begrip wat in die wereld aangaan en jou eie wereld is so klein. Wat SA aanbetref het ek verwys wat moontlik kan gebeur, gegewe dat die virus steeds versprei en nog lank nie klaar is nie. Niemand ontken dat mense ook weens ander oorsake sterf nie. So nie seker na watter stelling jy verwys nie. As jy verwys na hospitale in SA wat alle pasiente wegwys en weier om hulle op te neem, behalwe as hulle covid het, dink ek jy is verkeerd. Elektiewe gevalle kan dalk uitgestel word, maar nie werklike ernstige mediese nood nie.

Gawie ·

Ag nee man Afrikaners – wat wil julle hê? Ek lees al die kommentaar op hierdie berig, en ek sak my kop in skaamte. Almal is net negatief – net mooi niks wat die regering doen is meer goed genoeg nie. Maak nie saak wát hulle doen nie, die klomp Afrikaners moet hulle bekke rek en kla oor hoe verkeerd dit is.
Laasweek nog het ‘n klomp gekla dat die medies personeel nie hulle werk kan doen nie, want daaar is te min. Nou bring die regering ekstra hulp in, nou is dit ook nie goed genoeg nie.
Net omdat jy nie vir die huidige regering gestem het nie, beteken nie jy moet alles afkraak wat hulle doen nie (ek het ook nie vir hulle gestem nie). Gee erkenning waar erkenning toekom. Die WHO het reeds Suid Afrika by verskeie geleenthede uitgewys as een van die lande wat die virus die beste hanteer het.
Vir dié van julle wat so vinnig is om fout te vind: Wanneer laas het jy vir die regering gebid soos die Bybel vir ons opdrag gee? As ons meer bid en minder kritiseer sal dit ook beter gaan.

Eerlik ·

Absoluut onnodig, ons het oor as genoeg medici…..wonder wat die plan hier is. Ander lande met trippel die syfer gavalle wat SA het oorweeg nie eers sulke stappe nie. Die Kubane gaan dink hulle werk in privaat hospitale wanneer hulle by ons staats hospitale instap, hulle mediese standaarde in Kuba is baie laag. Dink net watse herrie dit gaan veroorsaak wanneer een van hulle die virus in SA optel.

Boortor ·

Ek verstaan dat hierdie kubaanse vakansie trippie ons belasting betalers ten minste R440 miljoen rand gaan kos. Ek sal my kop in skaamte laat sak cyril! Hier is mense wat REGTIG nie kos het nie en julle gaan op n glorie trip!? SIES SIES! BLEGH!!!

Anel ·

En wie sê hulke gaan weer teruggaan? Dis mos lekker hier. Kubane is gelyk aan komuniste. Sal nie laat die goed naby my kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.