22 aanhitsers in hof oor Julie-oproer

Polisiebeamptes tydens die oproer in KwaZulu-Natal (Julie 2021). (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Twee-en-twintig verdagtes het Vrydag in die Durbanse landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om openbare geweld te pleeg, aanhitsing om openbare geweld te pleeg en aanhitsing tot brandstigting in verband met plundery en geweldpleging in dele van KwaZulu-Natal in Julie 2021.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die verdagtes is vrygelaat op borgtog van R3 000 elk op voorwaarde dat hulle nie enige inligting oor die saak op sosiale media mag deel nie; dat hulle die ondersoekbeampte in kennis moet stel as hulle die provinsie wil verlaat; en dat hulle die ondersoekbeampte in kennis moet stel oor enige verandering in residensiële adres of kontaknommer.

Die saak is tot 26 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Dié aanhitsing is georkestreer tydens die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma en het tot plundery en vandalisme gelei. Grootskaalse verwoesting, reuse- finansiële verliese en werksverliese is aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.