22 beseer in Limpopo-busongeluk

Twee busse het mekaar Sondagaand, 17 Julie 2016, op die R36 buite Tzaneeen getref (Foto: ER24)

Twee busse het mekaar Sondagaand, 17 Julie 2016, op die R36 buite Tzaneeen getref (Foto: ER24)

Minstens 22 persone is Sondagaand beseer tydens ʼn ongeluk tussen twee busse op die R36 buite Tzaneen.

“Paramedici van ER24 en die provinsiale nooddienste is net voor 19:00 na die toneel ontbied,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Altesaam 22 persone is op die toneel behandel voordat hulle met verskeie ambulanse na die Kgapane- provinsiale hospitaal geneem is.”

Die busse was op pad terug van ʼn byeenkoms in Polokwane toe die ongeluk in Segopo plaasgevind het. “Ooggetuies beweer een van die busse kon nie tot stilstand kom nie en het die bus voor hom getref,” het Vermaak bygevoeg.

Die ware oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Is Maandae Maroela se rampe-en-ellende-nuusdag? Party sommer paar keer om die effek dodeliker te maak. Sjoe! Skep asb ‘n afdeling Rampspoed-vir-smartvrate en sommer ook ‘n ANC-Eskom-SABC-sepie (vervolg)… sodat ons ander krag (sonder Eskom) het vir die dag…

snoefie ·

John oo maandag verwag regdenkende mense om op al wat nuusbron is, te hoor van alles wat die naweek gebeur het. jy sien muvango. dis op sabc 2.

Jan maak n Plan ·

Was daar dan nie die naweek n groot ANC saamtrek in Polokwane nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.