22 gered toe vissersboot sink

Storm_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

22 bemanningslede van ʼn vissersboot is Vrydag in die vroeë oggendure by Danger Point naby Gansbaai aan die Kaapse suidkus gered toe dié boot tydens rowwe seetoestande gesink het.

Volgens ʼn verklaring van die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) het water na binne die vissersboot, wat bekend staan as Ellis S en besit word deur Sevlak Investments, begin stroom.

Die Maritime Rescue Coordination Centre (MRCC) het omstreeks 01:00 Vrydagoggend ʼn noodoproep ontvang. Samsa sê die branders was ten tyde van die voorval ongeveer drie tot vier meter hoog en die wind het teen sowat 30 km/h gewaai.

Jared Blows, hoof van MRCC, sê I&J se vissersboot was eerste by Ellis S en kon al 22 bemanningslede veilig na die kus in Hermanus neem. Ander vissersbote, bekend as Realka en Aral Sea, het ook bystand gelewer.

“Ellis S het binne enkele minute gesink ná die bemanningslede van die boot gered is,” sê Blows.

Samsa het ʼn ondersoek na die voorval van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bossie ·

Dankie God dat U hul lewens gespaar het. Dankie ook aan al die helde wat by die reddingsoperasie betrokke was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.