22 getuies opgeroep ná noodlottige ineenstorting van gebou

Argieffoto (Foto: oldeani0, Pixabay)

ʼn Kennergetuie, Robert Wilkens van Benrob Construction, is opgeroep om voor die kommissie te getuig wat ondersoek instel na die oorsaak van die ineenstorting van ʼn gedeelte van ʼn Durbanse gebou wat tot die dood van vier werkers gelei het.

In Maart 2018 is vier mense dood en nog vier beseer toe ʼn dubbelverdiepinggebou in aanbou op die perseel van Imperial Logistics gedeeltelik ineengestort het op ʼn vragmotor wat in die pad langs die omheinde perseel gestaan het.

Werkers van ʼn dakmaatskappy was besig met die finale installering van ʼn vooraf gegote betondakblad toe die betonblad geval en tot die sterftes en beserings gelei het. Bhekuyise Moses Sibiya, France Mokhuthu Sekalu, Constandino Mapukula en Siyabonga Bhane is in die voorval dood.

Die departement van arbeid se inspekteurs het sedertdien ʼn verbodskennisgewing aan Imperial Logistics uitgereik waarvolgens hulle verbied word om enige verdere werk te doen totdat die omstandighede en kernoorsaak van die voorval vasgestel is.

Die kommissie van ondersoek wat deur Tibor Szana, die departement se hoofinspekteur aangestel is, ondersoek tans of daar aan beroepsgesondheid en veiligheidsregulasies voldoen is en of daar nalatigheid betrokke was wat tot die beserings en dood van die werkers gelei het.

Die kommissie het hul eerste sitting in Januarie gehou waar ses kennergetuies ondervra is. Altesaam 22 getuies is op die lys om voor die kommissie te getuig en nog getuies kan moontlik opgeroep word na aanleiding van die inligting wat aan die kommissie voorgelê word.

Mense wat tot dusver getuig het, sluit in getuies van Imperial Logistics, JDF Construction, Bedrock Construction, Talmac Engineering en Tilt Up Systems. Wilkens sal getuig wanneer die kommissie se ondersoek hervat word vir die volgende sitting van 4 tot 15 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Geboue val om terwyl daaraan gebou word maar hulle wil ‘n land bou.

LD ·

Ander dag was daar ook ñ muur wat omgeval het terwyl hulle bou waar daar 3 mense dood is, ander soort. Maar hulle wil sulke vieslike goed sê van Hoërskool Driehoek se slagoffers. Ancestors werk oortyd!

Stella ·

Ja wel,oor n Paar jaar, vanuit die lug gaan Suid-Afrika een GROOT baksteen fabriek wees,my gaan net bakstene en rommel sien rondle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.