22 glo in myn vasgekeer ná ontploffing

goud-myn-mynboubedryf

Argieffoto.

Die departement van minerale hulpbronne het Woensdag gesê hy het ʼn span ondersoekers na die Koornfontein Gloria-steenkoolmyn in Mpumalanga gestuur waar talle mense na bewering ondergronds vasgekeer is.

Die groep van 22 mense, vermoedelik burgers van Lesotho, is skynbaar ondergronds in die myn vasgekeer ná ʼn gasontploffing. Die myn is sowat 36 km van Middelburg geleë.

“Die departement is bewus van ʼn voorval by die myn. Die myn word nie tans gebruik nie. Ons inspekteurs is op pad vir ʼn ondersoek ter plaatse en ons is in gesprek met die mynreddingsdienste om hulp te lewer. Meer besonderhede sal bekendgemaak word wanneer dit beskikbaar is,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Middelburg Observer het vroeër berig 42 Lesotho-burgers het na bewering ondergronds gegaan om kabels te steel toe daar ʼn gasontploffing was. Die koerant beweer 20 van hulle kon na veiligheid beweeg, maar die 22 ander is agtergelaat.

In ʼn poging om dié wat ondergronds vasgekeer is te red, het die groep die voorval by die plaaslike wyksraadslid, Andile Magwane, aangemeld. Die owerhede is daarna in kennis gestel.

Daar word verneem die Gloria-myn is deel van Optimum Coal se bates wat deur die omstrede Gupta-familie besit word. Die Guptas se mynbates is verlede jaar onder sakeredding geplaas.

Die myn is sedert September gesluit nadat honderde mynwerkers nie salarisse ontvang het nie. Die myn loop sedertdien gereeld onder kabeldiewe deur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Joe Olivier ·

Roep die Guptas terug om hulle te kom uithaal. Weereens word ons belastinggeld gebruik om kriminele te red.

Thinus Erasmus ·

Weereens is ek te dom om te verstaan. Ek was self by paar myne en wil graag weet: is daar dan geen sekuriteit meer om die ingang te bekerm sodat geen ongemagtigde personeel kan ingaan nie?

christa ·

Wat het Maasdorp van die Hoerskool ongeluk gese?????? is dit hier ook van toepassing?

At Dippenaar ·

Hier kom ‘n tweede “Lilymyn”. Daar is aan die Middelburg Observer gesê dat Gloria (Optimum) nie die oor die R200 miljoen het wat die reddingspoging kan beloop nie. Dus bly daai kabeldiewe ondergrond vasgekeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.