22 jaar agter tralies vir Skukuza-stroper

Enoch Ngobeni. (Foto: Verskaf)

Die Skukuza-streekhof het ʼn 31-jarige Mosambieker tot 22 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan verskeie stropingsverwante oortredings skuldig bevind is.

Enoch Ngobeni het skuld op al die aanklagte teen hom beken, naamlik die oortreding van die Wet op Immigrasie, twee aanklagte van renosterstropery, sameswering om ʼn misdaad te pleeg en die besit van ʼn gevaarlike wapen.

Ngobeni het die misdade in April vanjaar gepleeg.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê wildbewaarders van die Tshokwane-afdeling in die Krugerwildtuin was op 17 April op patrollie toe hulle op twee renosterkarkasse afgekom het.

“Hulle het die voetspore gevolg en Ngobeni en sy onbekende medepligtige met ʼn vuurwapen en twee vars renosterhorings in hul besit betrap.

“Ngobeni is in hegtenis geneem, maar sy medepligtige het ontsnap en is steeds op vrye voet.”

Nyuswa sê DNS-bewyse wat by die hof ingedien is, het die horings in Ngobeni se besit positief met die renosterkarkasse verbind.

“Die NVG is tevrede met die spoedige afhandeling van die saak. Ons verwelkom die skuldigbevinding en vonnis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Danie ·

En hoe ontsnap sy medepligtige? Soek die treurige polisie nog na hom?Is die wat verantwoordelik is aangekla vir enige regulasie of vesuim?Met die trant gaan ons elke dag 10 tree agteruit.

domheks ·

En so versorg ons, Belasting betalers, vir die gemors van die buiteland af.

007 ·

Onwettige of ongelisensieerde vuurwapen alleen is 15 jr, maw 7 jaar vir twee renosters en al die ander aanklagte. Pateties. As G4S hom oppas is hy vlg week weer in die wildtuin.

Papsak ·

Hulle kom mos niks oor nie kom weg met alles maar belastingbetalers se geld word gemors

Carl ·

Wanneer onwettige immigrante tronkstraf kry moet hulle lande die koste in die tronk betaal.

Marcello ·

Wat ‘n grap, die ander man het ontsnap, hoe is dit moontlik?. Maar enige iets is moontlik in die nuwe SA,, kyk net hoe maklik het die FB verkragter (Bester) uit die gevangenis ontsnap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.