22 plaasaanvalle in Augustus; gemeenskappe moet hulself beskerm

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn dringende beroep op alle Suid-Afrikaners in landelike gebiede gedoen om by veiligheidsstrukture betrokke te raak, na die vlaag plaasaanvalle wat in Augustus vanjaar plaasgevind het.

“Augustus was ʼn rillermaand wat aanvalle betref. Daar was 22 bevestigde plaasaanvalle, waarvan vyf moorde was. In die afgelope drie maande is 17 moorde by ons aangemeld,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Cameron versoek dat mense in landelike gebiede betrokke raak by veiligheidsinisiatiewe waar daar pro-aktief opgetree kan word om aanvalle af te weer. Volgens hom is daar talle landbou-organisasies, privaatinstansies en gemeenskapsinisiatiewe, soos dié van AfriForum, waar mense betrokke kan raak.

“Die staat versuim om mense te beskerm, ons moet dit dus self doen. Die staat sê dikwels dat ons nie kan optree nie, maar ons het ʼn reg as burgers om ons lewens en eiendom te beskerm,” het Cameron gesê.

Die volgende moorde wat in Augustus plaasgevind het, is op AfriForum se rekord: Koos Jonker – 4 Augustus (Ellisras), Piet van Wyk – 9 Augustus (Letsitele), Kobus van der Westhuizen -16 Augustus (Hartbeespoort), Coba Odendaal – 19 Augustus (Vredendal) en Josef Puleng Makua – 30 Augustus (Elandskloof, Belfast).

AfriForum sê sy statistiek is konserwatief bereken. “Volgens ons syfers was daar al minstens 87 bevestigde plaasaanvalle in 2014.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nadrie Botha ·

Daar was ‘n paar uur terug ‘n plaasmoord op Lüneburg, Vryheid omgewing. Man en vrou doodgeskiet, die aanvallers is nog op vrye voet.

Gert ·

Korrek. Hulle was die sout van die aarde mense. Skokkend. Rus in Vrede, Nico en Marcia.

Sluit aan by Afriforum, sodat ons onsself kan beskerm. Die parlementêre roete sal dit nooit vir ons kan doen nie.

HEVW ·

Skrik baie laat wakker, maar eerder laat as nooit Ja gemeenskappe moet saamsnoer, strukture in plek kry,Kundiges kry wat beplanning vir elke individuele geval uitwerk en die doeltreffenheid daarvan toets. Fondse sal geskep moet word vir gevalle wat dit nie kan bekostig nie en vir lone sowel as bedryfskoste. Hierdie aksie sal dan ook langtermyn werskeppend wees. Natuurlik streng keuring vir poste. Vanselfsprekend moet persone wat poste vul verkieslik uit eie gemeenskappe wees. Ens. ens.

Ina Botha ·

Dit help ook nie mense mag nie sê hoe hul regtig voel nie, maar eks jammer as ek dalk te kras was vee maar uit asb

Johan Lotz ·

Berigte in Afrikaans is goed maar het julle al gedink om dit in Engels ook te plaas? Indien ek dit sou “share of bv facebook kan baie Amerikaners dit ook leees en verstaan aangesien ek ‘n groeiende groep facebook friende in die VSA het Net ‘n gedagte druk van watterkant ook al kan nie skade doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.