22 polisiebeamptes vas vir korrupsie

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Altesaam 24 mense, waaronder 22 polisiebeamptes, is Woensdag en Donderdagoggend in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem weens verskeie beweerde misdrywe.

Kapt. Paul Ramaloko, die Valke se woordvoerder, het gesê die beamptes is in hegtenis geneem na ʼn gesamentlike poging deur verskeie polisie-eenhede en die Valke.

“Twee kapteins, vyf adjudant-offisiere, twee sersante, elf konstabels, ʼn administratiewe klerk en ʼn reservis is in hegtenis geneem,” het Ramaloko gesê. “Die beamptes is by die Thabong- en Welkom-polisiestasies gestasioneer.”

Die beamptes word hoofsaaklik daarvan aangekla dat hulle sekere dele van die Wet op Waardevolle Metale oortree het, asook verydeling van regsadministrasie. Van hulle staan ook tereg op aanklagte van diefstal, korrupsie en geldwassery.

“Al die lede het nie noodwendig saamgewerk om die beweerde misdrywe te pleeg nie. Altesaam 18 kriminele aanklagte is teen hulle aanhangig gemaak,” het hy bygevoeg.

Die verdagtes moet Vrydag in die Welkom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theresa ·

Vandag sal ook enige iets vir geld gedoen word. Al is dit ten koste van ander mense. Hierdie mense het ‘n werk gehad en ek is seker gesinne/familie ook.

alet ·

Mooi man dit wil gedoen wod daar is seker nog vele van hulle .Die valke moet net hulle ore op die grond hou. Se net as ons moet help so kry die Regering net nog n slegte naam stel ongekwlifiseerde mense aan. Trek n paar vd straat af en maak hulle ook polisie manne

esme ·

dit is dan so lekker in die polisie mag dit is hoekom hul daar werk gee hul n medalje vir goeie werk hul sal nie hul werk verloor nie hul sal dit weer doen lekker ryk lewe

Francois ·

22 Polisiebeamptes…dis seker die hele Welkom se polisiemag…regtig?

Andries ·

Kan nie verstaan, jy het n werk verdien salaris kan kos koop. Miljoene het nie werk nie kan nie kos koop nie, maar hulle wat het wil nog meer he.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.