22 sterf binne 12 uur op KwaZulu-Natalse paaie

Mxolisi Kaunda, LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en samewerking in KwaZulu-Natal (Foto: ANA)

Altesaam 22 persone is Saterdag dood op paaie in KwaZulu-Natal, met een ongeluk op die N2 naby Empangeni wat 15 lewens geëis het.

ʼn Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat ʼn Mercedes-Benz en ʼn Toyota Quantum mekaar reg van voor getref het en 14 persone is op slag dood. ʼn Span ondersoekbeamptes en forensiese kenners is aangestel om die oorsaak van die ongeluk te bepaal, het Mxolisi Kaunda, LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en samewerking in KwaZulu-Natal, gesê.

Die departement van vervoer sal ook ʼn span ingenieurs stuur om ondersoek in te stel oor die stuk pad om te bepaal of bykomende veiligheidsmaatreëls vereis word.

Kaunda het gesê hy het Sondag, toe hy die toneel besoek het, wetstoepassers versoek om strenger op te tree teen roekelose bestuurders.

Sewe persone is dood in ʼn ongeluk Saterdag in Appelsbosch, noord van Durban.

Kaunda het gesê die voorvalle sal nie die provinsie verhinder van sy toewyding om padongelukke en noodlottige ongelukke tydens die feesgety met meer as 10% te verminder nie.

“Ons het Saterdag ʼn geïntegreerde veiligheidsplan van stapel gestuur wat op hoë sigbaarheid fokus in al die gevaarlike dele van die provinsie. Ons sal strenger optree teen dronkbestuur, spoedoortredings, onpadwaardige voertuie en motoriste wat sonder rybewyse rondry,” het Kaunda Sondag gesê.

Hy het die oorlewendes van die N2-ongeluk by Ngwelezane-hospitaal besoek en betuig sy meegevoel met die families van die slagoffers.

Hy doen ook ʼn beroep op inwoners van KwaZulu-Natal, veral padgebruikers, om saam met die regering te werk om padongelukke te verminder. “Ons sal die stryd teen noodlottige ongelukke wen as ons saam werk en met een stem sê dat padongelukke nie deel sal wees van ons lewens nie. Kom ons vat hande en maak seker dat ons almal aan die padreëls voldoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alida ·

Begin by die taxies met julle ondersoek. Die paaie is nie so sleg nie. Die bestuurders van die taxies is die probleem.

Gertryda ·

As hul dink dis erg het die spietkops nog nie die pad tussen Greytown Pmb gery nie
Dis n jaagbaan en daar beteken verkeerstekens niks nie
Die Appelbosch pad is net so erg
Geen gehoor van padtekens nie
Miskien as die spietkops meer patrollie doen as om by die T aansluiting by Wartburg te sit sal dit effens help
Maar voor 8 en na 4 is daar geen verkeerspolisie op pasie nie

piper ·

padwaardigheid? oor n afstand van sowat 12 Km. tel ek nooit minder as 10 voertuie met foutiewe ligte. die rekord is 27. party het geen ligte nie en party ry net met hulle ” hazards” aan.

Grassie ·

In die vorige berig word vertel van 12 toetsbeamptes wat vir bedrog gearresteer is. Hierdie soort bedrog is iets wat daagliks landwyd plaasvind. Ek wonder hoeveel onpadwaardige voertuie en onbevoegde voertuigbestuurders is daagliks met “wettige” dokumente op ons paaie.

Manie ·

Ek dink deel van die probleem is grootskaalse omkopery vir lisensies. Paar mense het die afgelope tyd my vertel van mense wat lisensies koop. Hier is eenvoudig net te veel bedrog en ek sê die regering het nie die wil om enige iets daaraan te doen. Verder is die gedrag van onverantwoordelike bestuurders baie arrogant. Ek het my motor se toeter vir n bestuurder geblaas verlede week wat besig was om op sy selfoon te tik terwyl hy bestuur. Die vreeslikste vingertaal is toe vir my gewys

Frederik ·

Dit was nie ek nie Manie. Ek ignoreer mense wat vir my toet terwyl ek op my foon besig is.

IK ·

Jy het die volste reg in hierdie land om ‘n bestuurslisensie te mag hê ongeag jou bestuursvernuf en padgedrag wat veral GEDULD insluit of eerder GEDULD uitsluit. Die vermoë om ordentlik- en met hoflikheid te bestuur is onderaan die lys van eienskappe. Een voorbeeld is om by ‘n rooilig sover moontlik links stil te hou sodat die verkeer wat die glipweg na links wil gebruik dit nie kan doen. Dit geld ook vir enkelbaan T-aansluitings om nie sover moontlik regs stil te hou vir regsdraai. ‘n Tweede is om by regsdraai met ‘n groenlig nie vorentoe te beweeg sodat niemand die kans gegun word behalwe JY sodra die lig na rooi verander. Daar word mos vir PLEKKE gery soos op ‘n reisiesbaan want belangrike EK moet verby om dan 200m vorentoe links- of regs te draai of by ‘n rooilig EERSTE te wees om stil te hou of dalk jaag EK nog ook deur die rooilig.Ek het selfs ‘n paar keer gehad (Vaalpark-afrit rigting Sasolburg) dat jy verbygegaan word om enkele meters voor jou daardie roekelose die glipweg na links te gebruik!! Ek kan voortgaan met nog voorbeelde maar ten laaste net dankie aan ‘n pa wat my geleer het om die eenvoudige padreëls te gehoorsaam. Indien jy nie genoeg verstand het daarvoor (padreëls) dan behoort jou lisensie weggevat te word. Moet egter nie ‘n GELDIGE vuurwapenlisensie verwar met ‘n bestuurslisensie want eersgenoemde is volgens die regering BAIE gevaarliker en dood meer mense.

WIEBO ·

Dis hartseer om te dink hoeveel duisend mense die kerstydperk in n kar gaan klim en ry na hul dood. Sad om te dink jy klim in jou kar, en hulle gaan jou dood daaruit haal………………..Sad, maar dis feite.

Karen ·

Die grootste probleem op die paaie is die taxi’s maar die owerhede wil dit nieverken nie. Die ander probleem hier in KZN is dat die voertuie wat hier ry skeinbaar sonder ligte vervaardig is of die bestuurders weet dalk nie waar die aan knoppie sit nie. Dis verstommend.

lewies ·

HER-FORMULEER DIE NUUSBERIG TERWILLE VAN OORLEWING IN SA.
Se liewer 22 stref binne 12 uur op KZN se paaie, Moontlik te doen met BEDROG in die uitreiking van bestuurslisensies.

Geregtigheid ·

Die probleem is dit: Taxis wat oorlaai is die padvas nie. Bestuurders wat hulle lisensies gekoop het. Taxis wat nie padwaardig is nie. Spoed speel groot faktor. Verontagsaming van die padreels. Gebrek aan polisiering. Ens. Wens die politici wil ophou praat en daadwerklik iets begin doen

Antoinette ·

Wat dan nog van wettige bestuurslisensies. Hulle weet nie hoe om flikkers te gebruik. Weet nie hoe om by rooi robot te stop. Weti om in hul baan te bly as karre van nooraf kom nie want sy lisensie is gekry, ken nie eers die basics dan vertrou ons ons geliefdes in hul hande elke dag. Neeee wat dan stap ek van punt A tot B

Jerry ·

Dit is wensdenkery om te dink jy gaan ongelukke met 10% afbring wanneer jy weet dat omkopery wat aan die orde van die dag is, die wortel van die kwaad is! Onpadwaardige voertuie bly op die paaie ten spyte van talle maatreels en beloftes. Jy hoef net by die grenspos te gaan wag om te sien hoeveel onpadwaardige voertuie wat vanuit Gauteng deur al die padblokkades gery het, die grens oorsteek. Daar bestaan eenvoudig geen medisyne vir die ANC kader korrupsie sindroom nie. N mens hoef nie n siener te wees om te kan sien dat padongelukke en sterftes verder gaan toeneem.

Elna ·

Begin die ondersoeke by die taxi bestuurders meeste van hulle ry rond met gekoopte bestuurders lisensies en hulle verontagsaam die verkeersreëls ek sien dit daagliks hulle voel absoluut niks vir enige mens of dier se lewens nie hulle ry net soos hulle wil al is dit aan die aankomende verkeer se naam hulle het nie n saak nie. Ek kry daagliks met dit te doen en dan ry hulle sommer net voor jou in sonder enige waarskuwings. Die taxis moet ten volle blameer word vir roekelose nalatige bestuur en ongeldige en onwettige rybewyse. Kom kyk gerus hier tussen Ramsgate en South Broom daar is n helse diep groot slaggate wat geen voertuig kan deur ry nie en dit is nou al vir 6 maande so en dit word net so gelos!!! Dan praat ek nie eers oor die residensiële paaie voor die huise nie dit lyk net so ERG! Geen voertuig kan eers daar ry nie so sleg lyk ons paaie hier op die kus!!? Waarvoor betaal n mens nog erfbelasting ?Waarna toe gaan al daai miljoene rande?!!!!

Elna ·

Begin die ondersoeke by die taxi bestuurders meeste van hulle ry rond met gekoopte bestuurders lisensies en hulle verontagsaam die verkeersreëls ek sien dit daagliks hulle voel absoluut niks vir enige mens of dier se lewens nie hulle ry net soos hulle wil al is dit aan die aankomende verkeer se baan hulle het nie n saak nie. Ek kry daagliks met dit te doen en dan ry hulle sommer net voor jou in sonder enige waarskuwings. Die taxis moet ten volle blameer word vir roekelose nalatige bestuur en ongeldige en onwettige rybewyse. Kom kyk gerus hier tussen Ramsgate en South Broom daar is n helse diep groot slaggat wat geen voertuig kan deur ry nie en dit is nou al vir 6 maande so en dit word net so gelos!!! Dan praat ek nie eers oor die residensiële paaie voor die huise nie dit lyk net so ERG! Geen voertuig kan eers daar ry nie so sleg lyk ons paaie hier op die kus!!? Waarvoor betaal n mens nog erfbelasting ?Waarna toe gaan al daai miljoene rande?!!!!

leser ·

wat help dit om dit onder die aandag van die owerhede te bring, hulle vee in elk geval hul ga….daaraan af

riana ·

Ry bewyse ja dit is n bitter pil as daar 90 000 uitstaande is. Ek is een van hulle wat moet wag vir myne. Maar het n temp een gekry. So julle moet dit net in ag neem as julle die mense stop. MAAR Taxis is n groot probleem op ons paaie. En mense hul moet dink hulle het ander se lewens in hulle hande maar asof hulle nie omgee nie.

jakes ·

Dis werklik lagwekkend om elke keer te hoor dar ondersoek ingestel gaan word oor die rede vir die ongeluk. Daar kan n100 redes vir die ongeluk wees maar die eerste 4 sal altyd taxi bestuurders wees wat te vining ry, op sperstrepe verbysteek, taxis wat onpadwaardig is en of gerookof onder die invloed van drank bestuur. Padongelukke in SA eis meer lewens
as vigs of ander terminale siektes.

Hendrik van George ·

LUR van Vervoer – net nog ‘n posbenaming van ANC kaders wat in werklikheid niks beteken nie….

Amelia ·

Ek het Sondag van Pretoria na KZN Suidkus gery. Die weer was BITTER SLEG. Baie reen en tonne mis veral by PMB. 2x tydens daardie rit moes ek op die geel lyn gaan op die hoofweg om ‘n ongeluk te vermy – eers vir ‘n trok wat doodeenvoudig sy remme by Van Reenen ooreis het, begin gly het en van agter rakelings verby my motor is. ‘n Hele ent later het hy afgetrek langs die pad op die grondgedeelte gestaan. Later naby die Hibberdine afrit het 2 taxis in STORTREEN met erge mis gekyk wie kan die vinnigste in die toestande ry (met baie water op die pad). Ek was op 120 – hulle is soos blits verby my en die een taxi het “geplane” deur die water op die pad. Toe ek so 4km verder verbygaan, was daar ‘n MASSIEWE ongeluk met ongeveer 4 ambulanse, verkeer, polisie ens. Dieselfde taxi wat voorheen verby my is het gerol langs die pad gele. Is dit werklik die moeite werd? Praat help nie – miskien moet SA se Verkeersowerheid besig raak, ophou reels verkondig en dit uitvoer, bv indien jy gevang word vir spoed, erge boete. Tweede keer – geen lisensie. Haal die waaghalse en onverskilliges asook die sonder lisensies van ons paaie af. “No tolerance”. Oulike idee, maar voer dit deur asb. Ons wil graag lewendig anderkant uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.