Twee volwassenes en 21 kinders is Donderdagmiddag beseer toe ʼn skoolbus op die N5, ongeveer 30 km buite Bethlehem in die rigting van Kestel in die Vrystaat, omgeslaan het.
“ʼn Sewejarige dogtertjie en ʼn man, in sy 30’s, het kritieke beserings opgedoen,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Volgens Botha is paramedici omstreeks 15:40 na die toneel ontbied. “Die bus het op sy sy gelê toe paramedici van Netcare 911 en provinsiale nooddienste by die toneel opgedaag het. Ander pasiënte het geringe tot ernstige beserings opgedoen.”
Die pasiënte is na ʼn hospitaal in Bethlehem geneem vir verdere behandeling.
Plaaslike owerhede ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
Om ‘n voertuig soos daai vol paasasiers te laat omslaan is nie te moeilik nie.Die bestuurder moet net die stuurwiel te vinnig te veel na een kant toe pluk.Ek merk ‘n sperstreep in die agtergrond op die foto en dit vertel al reeds vir my dat die betuurder waarskynlik vir ‘n ander voertuig moes uitswaai wat iemand op daai sperstreep veby gesteek het.Maar enigiets anders kon ook gebeur het met die bestuurder van die bus.
Ek is seker daardie bussie het ‘n plakker agter op wat lees 100. Dit verwys egter nie na die aantal passasiers wat opgelaai kan word nie maar die maksimum toelaatbare spoed. Hoë spoed het die geneigdheid om dit met ‘n voertuig te doen wat op die foto gesien kan word.
Die Bussie se bestuurder het natuurlik iets prober verbysteek en hom misgus. So baie mense se lewens in gevaar te stel, om net vining by die bestemming uit te kom…… werk ook nie. Dink bietjie aan die ander se lewens.