Minstens 23 bokke van ʼn vee-eienaar in Qhorha naby Dutywa in die Oos-Kaap, is dood aangetref.
“Die bokwagter het Woensdag die nuus aan die 54-jarige man meegedeel,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die bokke het nie enige uitwendige beserings nie.”
Die bokke is omstreeks 15:00 in een van die tuine in die dorpie aangetref.
Die vee-eienaar vermoed sy bokke is vergiftig.
Die polisie stel ondersoek in. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Enigiemand wat verdere besonderhede het word versoek om die polisie te skakel by 047 489 1333.
Nou wat soek die bokke in n tuin, waar is die sogenaamde oppasser, dit was beslis nie die eerste keer nie wat hul in daardie tuin was nie, as jy wik bokke aanhou moet jou drade in puik kondissie wees.
Hulle het geloop waar hulle nie hoort en is bokveld toe gestuur.
Sekerlik giftige plante ingekry. Ek weet bv. as ‘n bok spesifiek net ‘n paar blare Pride of India inkry val hy ‘n paar tree verder vrek neer. Toevallig ‘n boervrou wat bokke gehad het se ondervinding op ‘n plaas. Sy het gesien toe dit gebeur, waarna hulle al die Pride of Indias uitgeroei het op die plaas.