23-jarige vas oor dogtertjie se moord

Thembi Mkhombeni (4)

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die vierjarige Thembi Mkhombeni. Thembi se liggaam is in ʼn veld naby die veekrale in Holomisa Zamdela in die Vrystaat aangetref.

“Thembi se ma het haar en drie ander kinders, onderskeidelik sewe, agt en 11 jaar oud, Saterdagaand, 16 September, omstreeks 20:00 alleen in die huis laat slaap toe sy buite saam met vriende gekuier het,” het konstabel Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ma voer aan sy het in ʼn stadium gehoor iemand skop die kombuisdeur oop, maar sy het haar nie daaraan gesteur nie. Toe sy Sondagoggend by die kinders inloer, was Thembi nie daar nie.”

Bure het die ma in kennis gestel dat Thembi se liggaam in die veld naby die krale gevind is. “Sy het haar kind se liggaam positief uitgeken. Die kind se klein liggaam het verskeie steekwonde opgedoen en ʼn nadoodse ondersoek word gedoen om te bepaal of sy ook seksueel mishandel is.”

Rani het gesê die polisie het onverpoosd gewerk en inligting en leidrade ingesamel wat uiteindelik tot die inhegtenisneming van die 23-jarige buurman gelei het. Hy bly saam met sy vriendin en twee kinders.

“Volgens die voorlopige ondersoek is klein Thembi ontvoer terwyl sy geslaap het. Die motief van die moord is nog nie bekend nie.”

Die verdagte verskyn Donderdag in die Sasolburg-landdroshof.

“Ek sal nooit kan verstaan hoekom iemand ʼn kind kan seermaak nie, wat nog te sê om ʼn kind te vermoor. Hierdie tipe gedrag kan nie in ons samelewing geduld word nie. Ons kan maar net vir die familie in hierdie slegte tyd bid,” het brig. PJ Morake, bevelvoerder van Zamdela, gesê. Hy het die gemeenskap gemaan om kalm te bly en die gereg die kans te gun om sy gang te gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Penellope Jones ·

Ek sal nooit verstaan hoe mens jou kinders alleen by die huis kan laat om te gaan gaan kuier nie, !!!! As mens dan hoor jou huis se deur word oopgeskop en jy reageer nie, genugtig!
Rus in Vrede Thembi.

Absoluut! ·

Ek stem, die ma moet verseker aangekla word! Dit klink vir my baie die reël dat daar sommer klein kindertjies alleen tuis gelaat word, en dan op ‘n kuier-sessie uitgegaan word. En dan het sy sommer ‘n string kinders! Ek sal hierdie wêreld nooit verstaan nie…

franje van spanje ·

WTF?! Ek en my man check ons kinders (8 jaar en 15 jaar) nog op in die nag…

Dina ·

Wat ‘n gruwelike boosaard om so ‘n klein liggaampie te verwoes… Mag God self reg uitoefen in hierdie en elke situasie soos dié.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.