23 kinders beseer weens tiener se ‘pretrit’

Die kinders was in die minibussie op pad skool toe, toe die voertuig teen hulle vasgery het. (Foto: Rusa/Facebook)

Altesame 23 skoolkinders is beseer toe ʼn tiener op ʼn oënskynlike pretrit Donderdagoggend in ʼn minibus wat hulle skool toe geneem het, ingeploeg het.

Reaction Unit SA (Rusa) sê inwoners van KwaMashu, noord van Durban, het Rusa ontbied en reaksiebeamptes en paramedici was kort daarna op die toneel.

“ʼn Woedende skare was op die toneel en het gedreig om die bestuurder van ʼn wit BMW X3, wat glo vir die ongeluk verantwoordelik was, aan te rand,” lui ʼn verklaring van Rusa.

Omstanders het glo gedreig om die tienerseun wat die BMW bestuur het, aan te rand. (Foto: Rusa/Facebook)

Die 14-jarige seun het na bewering sy pa se voertuig gesteel en was op ʼn pretrit toe hy teen die kant van die minibus gebots het.

Die seun is in hegtenis geneem terwyl die beseerde kinders in die minibus, almal tussen vyf en 11 jaar oud, na verskillende mediese fasiliteite vir behandeling geneem is.

Die kinders was op pad na verskeie skole in die gebied toe die ongeluk gebeur het.

Talle mense het ook hul misnoeë te kenne gegee omdat soveel kinders in ʼn minibus vervoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Belinda ·

ja dis wat “brats”doen. Dink mos hulle kan doen wat hulle wil, mos groot.
dit kon baie erger uitgedraai het.

Di ·

Pappie seker ook weer ‘n ANC kader wat sakke vol geld verdien!

Di ·

Hoop die taxi drywer word ook aangekla vir oorlading! Waar kan jy 23 kinders in een Taxi laai, dis gevaarlik. Sal seker weer skotvry daarvan af kom, hulle regeer mos die land

Casper ·

Waar was sy pa.Hoe het hy die sleutel gekry.Hoekom was hy nie skooltoe nie.

Ilke ·

Jis dit is verskriklik, die arme kinders. Hoop hulle almal is ok. Daai kind kort `n groot pakslae. Bygesê hoe is daar 23 kinders in daardie taxi. Dit is netso onverantwoordelik, veral in vandag se Covid tyd.

Harley Davidson ·

Dit klink na iets wat ek ook sou gedoen het op daardie ouderdom,dit het nou net verkeerd vir hom uitgewerk, ek hoop daar is n goeie einde vir almal geafekteer in hierdie storie.

Cherokee ·

Julle is baie duimafferig. Wat Jasper sê is nogal waar.

AW ·

Die waarheid is, Daardie Kind sal aangaan met sy lewe, ongeag of hy vervolg sal word en of skuldig bevind sal word en of watter vonnis hy sal kry.

Misky ·

Sluit die taxi bestuurder ook toe. Hoop daai laaitie se ouers hanteer die aangeleentheid soos my ouers dit sou doen, dan sal hy nooit weer dit probeer of eens daaraan dink nie

Sarel ·

Vertrou iemand gaan versntwoirdelik gehiu wird wznt jy mag mos nie meer sy Gat aan die Brand slaan nie

Daleen ·

My ma sou my gat aan die brand geslaan het as ek soos jy gespel het

Nico ·

Sarel, gebruik jy geheime skrif want jou boodskap is absoluut onverstaanbaar.

Herman ·

Ok jufvrou JM. Dit gaan oor die storie en nie iemand se spelling.

Klipkop ·

Sarel het sy sleutelbord onverantwoordelik gebruik. Hy moet pasop, want met daardie tipe onverantwoordelikheid kan ‘n mens deesdae dinge kwytraak wat soos haatspraak klink en jou in die tronk laat beland.

VaalDonkie ·

Lyk nie of dit juis “pret” was nie. Ek hoop hy kry ‘n ordentlike loesing by sy pa. Sommer twee.

Magda ·

AS KINDERS GROOT WIL WEES. LAAT DIBRAT VIR 1 JAAR LANK GEMEENSKAP DIENS DOEN BYDIE VERSKILLENDE SKOLE VD KINDERS IN DAAI TAXI EN KLA DI BESTUURDER AAN VIR OOR LADING EN SOMMER SAAM MET DI “BRAT” GEMEENSKAP DIENS DOEN.

Nico ·

Die ouers is skuldig omdat die kind nie behoorlike opvoeding ontvang het, laat die ouers al die mediese onkostes dra asook om die taxi te herstel.

Waarnemer ·

Na die hel met die wet wat se jy mag nie jou kind se gat aan die brand slaan nie as hy stout was nie…..daardie kind se ouers moet sy gat so brand maak dat hy vir dae nie sy sit kry nie,en dan,die taxi bestuurder….die hof moet sy bestuurders lisensie intrek(nie opskort nie) en dan moet die wetter aangekla word van poging tot moord….waar het jy gesien jy laai 23 kinders in n minibus?…maar nou ja,in vandag se dae gaan net die teenoorgestelde gebeur…die kind se mammie gaan vir hom se “boetie,jy was stout,moet dit net nie weer doen nie” en die taxi drywer gaan vir die verkeersbeampte n fooitjie gee en verder ry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.