23 kinders onder seil op bakkie gevind

Van die kinders op die agterkant van die bakkie: Foto: Verskaf

Van die kinders op die agterkant van die bakkie: Foto: Verskaf

Beamptes van die Gautengse verkeerspolisie het Donderdag tydens ʼn spesiale operasie om Vrouemaand te vier, tot die redding gekom van 23 buitelandse kinders wat agter op ʼn bakkie vervoer is.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het aan Maroela Media gesê die bakkie, vermoedelik van Zimbabwe afkomstig, is omstreeks 10:20 op die R21-snelweg naby die Nellmapius-afrit in Centurion van die pad af getrek.

“Die 23 kinders, onder wie ʼn baba, was onder ʼn geel seil toegegooi. Beamptes van die departement van binnelandse sake en maatskaplike ontwikkeling is na die toneel ontbied om na die welstand van die kinders om te sien,” het sy gesê.

Die bestuurder en ʼn manlike passasier is in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel. Niemand op die bakkie het identiteitsdokumente aan hulle gehad nie. Die mans se ouderdom is nie dadelik bekend nie. Ondersoek word ingestel om te bepaal hoe die bakkie met die kinders die land ingekom het en waarheen hulle op pad was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ben Esterhuizen ·

Tragiese voorval. En onmenslik…… ook onwettig.
Maar eintlik beteken dit maar net die kinders gaan nou nie kans kry om in 2020 en daarna vir die ANC te stem in toekomstige verkiesings nie.

André Marais ·

Indien dit so “Maklik” is om die Land in te kom met die Kinders hoe “Maklik” is dit dan ook nie om so met Ons Kinders Land uit te gaan nie ? vra maar net want vir My is dit Kommer Wekkend ! Geen maar Geen Wet en Orde dit is net Korrupsie wat gepaard gaan met Omkoop(geld) en ‘n Lewe is NIKS WERD NIE . . . . . . dit word net by die Dag al hoe meer en kan dit ooit gestop word – Ek Glo NIE.

Joann ·

Reg en geregtigheid geld nie in die land nie. Jammer hul vat nie meer weg nie

Stomgeslaan ·

En ons moet 9 maande wag vir ‘n unabridged certificate om ons EIE kinders uit die land te kry. Hoe op aarde kan daai kinders oor ‘n grens kom daarsonder???? Wat ‘n klug!!!

MissDemeanor ·

Ek is verbaas oor jou kommentaar. Klink of jy maar net kerm oor jou eie ongerief en maar min voel vir die moontlikheid dat die kinders ontvoer is vir duistere redes. Die amptenare in SA is wel lui. Ek woon in Belgiee, moes met groot moeite al die papierwerk doen wat SA wil he voor ek met my dogter kon komvakansie hou in SA sonder dat haar pa saam ons reis. Toe ek in SA aankom het hul nie eers na die papiere gekyk nie! Skande.

Minx ·

Dit lyk vir my meer na tieners wie weet hulle word dalk opgelei om te moor? Hierdie land het soveel mense en hulle plak en moet steel om ‘n lewe te maak. waar land hierdie “kinders” dwelms en moor vir ‘n lewe?

Sarie ·

SJOE!!! Hoè op aarde gebeur so-iets? Wonder waarom hul niè uit-of afgespring het nie? Hulle is meesal “groot” genoeg! Die seil was seker vasgemaak… Besef julle hoè warm dit ònder daai seil word? Sommige kon gesterf het as hulle nog ‘n vèr ent pad moes ry. Maar nouja, ‘n lewe is mos NIKS werd nie!!!

Irene ·

Wie is regtig daarvoor verantwoordelik vind eers daardie mense so kom hul in om ons mense dood te maak roof en te verkrag iemand sit agter dit

Wax ·

Dis hoe al die 7 miljoen ” illegal” Zimbawiers in die land ingekom het en nog steeds
hier is.

E.K. ·

Ja die vraag is beslis HOE het hulle die land binnegekom, by watter grenspos en sonder dokumentasie! Daardie grenspos moet dringend ondersoek word vir omkopery! Sit kameras op, DOEN iets – arme kinders wat nie gevra het om gebore te word en dan soos diere agter op ‘n oorvol bakkie wie weet wat mee gedoen gaan word. Dit skrei ten hemele!

Martie ·

Die plase wat aan die Limpopo rivier grens is OOP vir enige een om oor die rivier te STAP want dis droog en die rivier is droog op baie plekke…my mond het oop gehang toe ek sien HOE MAKLIK dit is om in en uit die land te gaan….dis heelwaarskynlik hoe hulle oor die grens van Zim ook af kom…..

Musina Inwoner ·

Dit is nie die plase wat oop is nie, daar is plekke naby die grens waar die lemmetjiesdraad gesny word, en dit is waar die mense deur kom. Daar is ook staatsgrond waar enige persoon toegang het, en sommer deur die rivier kan loop!
Die rivier is me este van die jaar droog, so toegang tot Suid Afrika is maklik!

jennefer ·

Na aanleiding van die foto, lyk dit eerder na tiener seuns.

H.A. ·

Baie welkom in die die LAND VAN MELK EN HEUNING !… Bring nog baie, ons het banja plek hierso in klein Afrika.

Joe ·

Mense handel my Voet. Hulle het self onder die seil weg ge kruip.

rr ·

As ek inhul skoene was het ek dalk die selfde besluite geneem. Daar is niks vir hulle in hul eie land nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.