23 skoliere beseer tydens KZN-ongeluk

Klaarwater-ongeluk in KwaZulu-Natal (Foto: Netcare911)

Minstens 23 kinders, tussen vyf en 14 jaar oud, is Vrydagmiddag beseer tydens ʼn ongeluk in Klaarwater, KwaZulu-Natal.

“Die bestuurder van ʼn minibustaxi het beheer verloor oor die voertuig en die voertuig het ʼn boom getref,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Paramedici is na die toneel in Mkomazistraat ontbied. Die kinders het almal geringe beserings opgedoen.”

Die kinders is op die toneel behandel en daarna per ambulans na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Alle betrokke owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Loon ·

23 kinders in 1 Taxi?
Hy kan maar deurgaan vir poging tot moord.

Anoniem ·

Probleem is die ou gaan nie eens vervolg word nie want hulle denke is dat 2 kinders tel vir 1 volwassene dis was daar net 11 mense in en 1 kind. Sal jou wed hy het te vinnig gery en sy bande is ook nie in goeie toestand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.