23 sterf by inisiasieskole

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

Altesaam 23 jong mans is al sedert die begin van die winter by inisiasieskole dood en 104 is by hospitale opgeneem.

Obed Bapela, adjunkminister van tradisionele sake, het Donderdag gesê dit is hoofsaaklik te wyte aan mislukte besnydings.

Negentien van die oorledenes is van die Oos-Kaap, drie van Mpumalanga en een van die Wes-Kaap.

Bapela sê 104 mans is in hospitale opgeneem vir dehidrasie, septiese wonde ná besnydings, gangreen en ander verwante beserings. Hy het onwettige inisiasieskole veroordeel. “Inisiasie is nie ʼn lisensie vir mishandeling nie, maar ʼn proses wat jong mans na volwassenheid neem en ʼn kulturele praktyk wat gerespekteer moet word,” het hy gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Daar is staatshospitale wat die operasies doen – wanneer gaan hulle hierdie oer-oue gebruik staak.

Henrietta Klaasing ·

Wanneer gaan iemand ‘n vergelykende studie doen van verskillende groepe se “kulturele praktyke” – onder andere hoeveel sterftes elke groep het. Byvoorbeeld die sogenaamde “Hitler”- handteken praktyk aan NWU. Wat van dieselfde Leon Wessels wat die ondersoek na NWU gedoen het, word gevra om hierdie inisiasie skole te ondersoek – dalk leer hy iets in die proses?

Abie Blaauw ·

Ek stem saam met Henrietta. As jy wit is en jy ontwikkel tradisionele gebruike, is dit veragtelik verkeerd. Maar as jy swart is, is jou tradisionele gebruike aanvaarbaar, verdedigbaar en eerbaar – al sterf daar ook 23 jongmense tydens een van hierdie barbaarse gebruike. Daar word feitlik GEEN internasionale reaksie van geen menseregte groep of wie ook al ontvang nie. MAAR as Paul Roos Gimnasium vlg die Afrikaanse of wit kultuurgroep se gebruike ‘n kompetisie organiseer met ‘n jag van wild (gekontroleerd, wettig, onder toesig van professionele mense) as prys, maak al wat kampvegter vir watter regte ook al, hulle broeke vuil. Dit word voorbladnuus – hierdie barbaarse gebruik waar kinders geleer word dat dit aanvaarbaar is om diere dood te skiet – watter snert. Dit terwyl geen haan daarna kraai wanneer ‘n kind sterf omdat sy geslagsdeel versnipper word nie. Waar gaan ons heen…..???

Emile ·

Hierdie inisiasieskole is ‘n skending van menseregte. Aldus die menseregtekommissie is alle vorme van inisiasie en tradisie, ongeag of dit vrywillig is, soos bv. PUK se koshuisverwelkomingstradies, ongrondwetlik en ‘n skending van menseregte. By die PUK sterf studente nie tydens inisiasie soos by hierdie inisiasierituele nie. Gróót olifant in die vertrek hierdie inisiasieskole. As die PUK se tradisies verbied moet word in die naam van menseregte, dan moet hierdie praktyke onmiddellik stopgesit word om hierdie onsinnige afmaai van jong lewens te beïndig.

Emile ·

Dalk ‘n idee vir PUK.

Voer besnydenis rituele in as PUK inisiasie tradisie. By verstek is dit ‘n aanvaarbare menseregte skending waarvolgens tientalle jong mense jaarliks mag sterf. Maak net seker niemand lig ‘n hand omhoog vir hulp nie want dit mag dalk as ‘n saluut gesien word en dan bevuil Adriaan Basson homself en moet die rektor bedank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.