232 aanvalle op paramedici

Argieffoto

Argieffoto

Paramedici en nooddienswerkers in die Wes-Kaap het tussen 2012 en 2016 deurgeloop onder minstens 232 aanvalle.

Dié inligting is Dinsdag deur die Wes-Kaapse departement van gesondheid in die parlement bekend gemaak.

“Meeste van die voorvalle het oor naweke in die aande plaasgevind en sluit onder andere poging tot kaping, fisieke aanranding, ambulanse wat met klippe bestook word en talle ander aanvalle in,” het Lorraine Botha, woordvoerder van die departement, gesê.

Die departement het ook bekend gemaak dat alkohol en dwelmmiddels ʼn groot rol in die aanvalle gespeel het, veral in informele nedersettings soos Nyanga, Philippi en Khayelitsha, waar meeste van die voorvalle plaasgevind het.

“As voorsitter van die gesondheidskomitee beskou ek dit as tragies en wil hê die aanvalle moet onmiddellik gestaak word, want dit is die gebiede waar die nooddienspersoneel juis die meeste benodig word,” het sy bygevoeg.

Paramedici mag nie rooi sones betree sonder polisiebegeleiding nie. Ambulanse moet dus soms by polisiestasies wag, in plaas daarvan om na pasiënte om te sien.

Die rooi sones sluit die volgende in: Phillipi, Nyanga, New Cross Roads, Gugulethu, Tafelsig, Heideveld, Site C, Mandela Park, Kalksteenfontein, Hanoverpark.

“Die DA-beheerde Wes-Kaap is toegewyd om gehaltd gesondheidsorg aan inwoners te verskaf, maar die volgehoue aanvalle en vandalisme verhinder die regering se vermoë om dit te kan doen. Ons moet as gemeenskappe meer doen om die nooddienspersoneel veilig te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

willie ·

Dit is net ñ siek gemeenskap wat nooddienswerkers kan aanval terwyl hulle hul pligte wil uitvoer! So jammer vir die onskuldiges wat tussen hulle moet woon!

PMB ·

Hoe moet die mense hulle werk doen as die gemeentskap hulle nie toelaat nie. Daar is geen salf te smeer nie!

Scalla ·

Hul ontvang die diens boonop gratis, ondankbare gemeenskap, laat hul self die belhamels uitsorteer want die gereg is nie in staat om dit te doen nie.

Plaatsie ·

Laat die gemeenskappe self die booswigte uit wys en aan owerhede uitlewer.
Dit kan dalk net die gewende uit werking he.

vermeende ·

232 aanvalle, hoe meet mens die lewens risiko van jou beroep.
Meet jy jou beroep teen die soortgelyke beroep risiko in ander wereld dele, of sou jy jou beroep meet teen ander beroepe se risiko, soos SAP, SANW lede teen dokters?

Ek meet al die kante toe en boer wees bly maar die gevaarlikste beroep!

Jem ·

Gebeur reg oor die land en nie net in die Kaapstad nie. Paramedics moet lewens red. Maar word dan in n lokval gelei en met beserings of hulle lewe daarvoor inboet. Dit is siek dat jy probeer om lewens te red maar jy kan jou eie lewe verloor.

Johanna Botha ·

Maklik weier net om in die gevaarlike areas te werk en fokus op die wat wel belasting betaal en eintlik saak maak en n bydae tot die land wil en kan maak

Theresa B ·

Hoe absurd het die mensdom net nie geword nie. Mense is nie meer mense nie.

Charles ·

Maar net weer ‘n bewys dat die ANC die Wes Kaap onregeerbaar wil maak. Soortgelyk aan die honderde gevalle van brandstigting !!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.