24 kinders beseer in bussie-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 27 mense, waaronder 24 skoolkinders, is Woensdag beseer toe ʼn minibus in Mount Edgecombe, noord van Durban, omgeslaan het.

“Die bestuurder van die bus het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit van die pad geloop en omgeslaan het,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê.

Drie van die insittendes het ernstige beserings opgedoen, en die res is gering beseer.

Paramedici het die kinders op die toneel behandel voordat hulle na die Phoenix-kliniek en plaaslike hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Nou hoekom so baie kinders in een bussie of was dit ‘n bus? Bussie klink vir my soos ‘n taxi of iets. As dit ‘n taxi is wil ek net se goeie genade en geen wonder! Waar sit almal? bo-op mekaar?

Drieks ·

Die taxi mafia is die oorsaak, en die Anc is hul beskermheer, en die ouers stem maar weer Anc.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.