24 sterf in ongeluk by Tzaneen

Altesame 24 mense in die minibussie is dood. (Foto: verskaf)

Altesame 24 mense is Sondagaand dood in ʼn ongeluk op die R81 tussen Mooketsi en Giyani in Limpopo.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê die ongeluk het omstreeks 22:00 buite Tzaneen in Modjadjiskloof plaasgevind.

Na bewering was ʼn passasiersbus uit die rigting van Giyani en ʼn minibussie uit die rigting van Mooketsi op pad toe dit reg van voor gebots het, het Ngoepe gesê.

24 passasiers in die minibussie is op die toneel dood. Nog ʼn persoon is in ʼn bedenklike toestand en is na ʼn hospitaal geneem.

“Die bestuurder en twee passasiers in die bus is ernstig beseer en is ook na ʼn hospitaal vir behandeling geneem,” het Ngoepe gesê.

Volgens hom moet die slagoffers nog geïdentifiseer word. Die polisie ondersoek intussen ʼn saak van strafbare manslag. Die oorsaak van die ongeluk vorm deel van die ondersoek.

Die waarnemende polisiehoof in Limpopo, genl.maj. Jan Scheepers het sy medelye met die familie van die slagoffers betuig en gesê die polisie sal alles moontlik doen om die oorsaak van die dodelike ongeluk te bepaal.

Maroela Media het vroeër berig verskeie mense is reeds die afgelope langnaweek op die land se paaie dood.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het motoriste ook gemaan om verkeersreëls te gehoorsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Antoon ·

Ek sien die Minister het almal gemaan om tog die verkeersreels te gehoorsaam.
Laat ek die eerste wees om die Minister hartlik te bedank vir sy diep insig en kragdadige optrede. Ek voel heeltemal oortuig dat die probleem nou opgelos is

chrisjan ·

Hehehehehehe Antoon!10 uit 10 vir daai een hoor!!
Ons sit met ‘n “uitstekende” minister van vervoer hoor!As hy maar net wil begin werkskep.

Cherokee ·

Die afleiding is jy sou iets anders voorstel, Antoon. Oorlading is ook teen verkeersreëls. Vertel asseblief.

Wie kyk na die wesies? ·

24 mense, dit kan 24 broodwinners wees, 24 ouers. Nie almal wat die taxis gebruik is plaasmoordenaars nie. Ek self het al van die taxis oppad Tzaneen toe gebruik gemaak. Saam met my op die een geleentheid was daar ‘n bankbestuurder, verpleegster en ‘n onderwyser.

Chris Ws ·

24 in ‘n minibus taxi?Dis oorlaai gewees so die eienaar moet voor stok gekry word.Die bestuurder is dood so hy is uit die prentjie uit.

Antoon ·

Ag nee wat, ou Cherrietjie, ek is raadop. Jy ken seker die ou spreekwoord van poep en donderweer.
So terloops, is jy familie van Elizabeth Warren?

Cherokee ·

As jy praat an die Massachusetts senator, Antoon, dan is die antwoord ja (hoe kon jy raai!) maar ek ondersteun haar nie in haar stryd teen Donald Trump.

Susan ·

Hoe op dees aarde pas 24 mense in ‘n minibus “taxi”?
Dit is ‘n 14 sitplek voertuig. Het die drywer vasgehaak by 14 en kon nie verder tel nie? Verbaas my glad nie.

Scruffy ·

Toyota beste Taxi op die pad niemand om te sien dat wet toegepas word nie le eerder in die malls rond gaan nog baie baie mense begrawe

fred ·

hier in Midrand altyd 11 mense in n ou toyota venture taxi…n egte afrika ervaring????

Carine Vorster ·

Ons grootste probleem is voertuie wat op soliede lyne en dubbellyne verbygaan. Al die ongelukke is kop-aan -kop ongelukke wat deur oorhaastige voertuie op soliede lyne verbygaan.

humor ·

Jenny jy is alleen reg as dit sou beteken dat al 24 passasier moordenaars was.

Elize ·

Dit is omdat hulle dink/glo n sperstreep is op die paaie aangebring spesiaal vir n taxi om veilig verby te gaan. Onnosel verby. Jenny, ek voel presies dieselfde.

Die Skaap ·

Daar is so baie verskillende maniere in die land om dood te gaan…..maar die mees algemeenste is sekerlik Death by Taxi.
Jou grootste kans om iets oor te kom is n padongeluk…….en daarvan is n taxi heel bo aan die lys

Madeleine ·

Sjoe; ek kry vreeslik skaan as ek van hierdie kommentare lees. As jul kommentaar lewer; doen dit volwasse en met respek asb?

Swartwolf ·

Ja nee kyk Krokodil jy se wat min bereid is maar ek stem 100% saam. En dis met als so. Kyk na die land om ons hoekom sou ons verwag padgebruik sal wereld standaard wees as average ik65 is.

Spike ·

Nee wat as jy soos ñ dwaas bestuur het ek nie simpatie nie.

Matt ·

Arme Mbalula, om mense te maan om reëls na te kom is soos om vir ‘n bendelid te sê hy moet eers ‘n lisensie vir sy onwettige wapen kry. Hou op maan en tree op……. jou bloulig brigade is self oortreders deurdat hulle dink as die ligte aan is moet jy padgee voor en hulle gaan ook op dubbel spêrstrepe verby, verontagsaam rooi verkeersligte en nie eens van die spoedgrens te praat nie…… pragtige voorbeeld wat julle stel!!!

James ·

Ek sien die President stuur sy meegevoel soos berig op news24. En die plaasmoorde?

Hennie ·

Ons as blankes moenie enige hulp of simpatie verwag van hierdie regering nie.

Cora Simpson ·

Ons kan se en dink wat ons wil maar dit is nog steeds ontsettend hartseer vir die famlie en vriende

Koos ·

Dieselfde familie en vriende wat geen simpatie toon vir plaasmoorde?

Teleurgesteld ·

Maroela Media, jul hou nie by jul bepalings en voorwaardes om van die gemors kommentare te verwyder nie. SIES

Bul ·

Meeste kommentaar is korrek. Hoe lank al gaan taxi bestuurders wegkom met moord ? Wanneer gaan die passasiers asook die hele industrie opstaan en beter standaarde afdwing ? In die mean time kos elke ongeluk miljoene rande en produktiwiteit. En die wat by die reels hou moet “ag shame ag shame”? Siek en sat vir mense wat nie verantwoordelikheid neem vir hul sotlike optrede nie. Dis nie net op die paaie nie dis als in die land.

Valerie ·

Inderdaad, van die kommentare is rassisties en ongevoelig. Soek die lesers aandag? Gaan soek eerder maniere.

ne ·

Moenie worry nie. Padongelukke fonds sal maar weer hoes! Raai wie betaal die familie wat agterbly?

Spike ·

Na die tweets van mandela, voel ek niks vir hulle en naasbestaandes nie. comrades en kaders wil nou maar hê dat ons mekaar haat.

Neelsie ·

As 24 mense in 10 ongelukke op een dag in verskeie provinsies sterf sê niemand iets nie. As 2000 mense in bende geweld in die Kaapse vlakte in 5 maande sterf sê niemand iets nie. Verbaas my net.

Leon ·

As ons eerste minister van vervoer nie so passievol was om van trein vervoer ontslae te raak, dan sou ons vandag nog treine gahd het en dan sou die 24 mense nog geleef het.

Griet ·

24 mense in ‘n 14 sitplek minibus? Ek glo een onnodige sterfte is een te veel, maar as die minibus bestuurder net 14 pasasiers vervoer het en ALMAL in die minibus het omgekom, was 9 mense vandag ongedeerd……

Retha Roux ·

Oorlading, verontagsaming van sperstrepe en spoed oortreding. Almal kwessies waarna gekyk moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.