24 treinwaens aan die brand gesteek

Die brandende treinwaens. (Foto: Verskaf)

Die Vrystaatse polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat 24 treinwaens Saterdag by die Bloemfonteinse treinstasie aan die brand gesteek is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n werknemer van die Passasierspooragentskap (Prasa) het omstreeks 14:30 aangedui dat hy rook uit ’n klomp treinwaens sien borrel het wat langs die treinspoor staan.

Die werknemer het ondersoek ingestel en 24 brandende treinwaens aangetref. Dié waens is sowat R4 miljoen stuk werd.

Die brandende treinwaens. (Foto: Verskaf)

“Die oorsaak van die brand word ondersoek, maar dit is reeds vasgestel dat daar geen elektrisiteitstoevoer of brandstof in die waens was nie,” sê Makhele.

Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om die Parkweg-polisiestasie by 051 507 6000 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.

’n Woordvoerder van Prasa kon nie vanoggend vir kommentaar bereik word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Malherbe ·

My opinie

Hierdie is terrorisme / sabotasie en verraad teen die staat en behoort so aangepak te word.

Maggies ·

As ‘n Bloemfonteiner was ek geskok toe ek Saterdag uitvind dat nog ‘n baken in ons stad brand. Nadat ons stadsaal aan die brand gesteek was en al die hartseer, skok en onkoste daaraan verbonde het ek gehoop so iets sal nie gou weer gebeur nie.
Helaas, hier gebeur dit weer.
Ek hoop die ondersoekspan laat geen steen ongeraak en dat die booswig/te aan die pen sal ry.
Dit is uiters ongevraagd en onnodig om vir enige rede eiendom te verbrand.

Gert Retire@Midstream ·

Die RSA in geheel word hierdeur benadeel. Geen regverdiging hoegenaamd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.