24 vas ná leerders skoolhoof glo gyselaar hou

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Altesaam 24 mense sal Maandag in die Lichtenburg-landdroshof in Noordwes op aanklagte van openbare geweld, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en opsetlike saakbeskadiging verskyn.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Donderdag na ʼn hoërskool in die Itekeng-nedersetting ontbied waar leerders na bewering ʼn 63-jarige skoolhoof gyselaar gehou het. Die leerders het aan die polisiebeamptes gesê die skoolhoof beledig hulle en hulle wil hom nie by die skool hê nie.

“Hierdie voorval het daartoe gelei dat die skoolhoof se motor asook klaskamervensters met klippe bestook is,” het Mokgwabone gesê. Die geweld het onder lede van die gemeenskap versprei wat winkels begin plunder het.

Sake van opsetlike saakbeskadiging, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en openbare geweld is aanhangig gemaak. “Altesaam sewe mans en 17 vroue, tussen 19 en 49 jaar oud, is in hegtenis geneem,” het Mokgwabone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wat n voorbeeld ·

Om te dink dis die jeug wat so optree! Waar sien hul die voorbeeld? Interressant!!!!

pieter ellis ·

Jy is ongelukkig met n skoolhoof en uiteindelik word winkels geplunder. Wat de dinges gaan in sulke mense se koppe aan?

Cryosphear ·

Sit is presies die punt. Daar gaan NIKS aan nie. Dis hoekom SA is waar dit is.

Maya Roon Joubert ·

Hoog tyd laat vandalisme en geweld grensend aan wangedrag stop gesit word laat hul deeglik beboet word! Hoop die hoof het ook ‘n les in menslike respek geleer!

Cherokee ·

Dinge het so effens verander sedert ek op skool was. Daardie jare (laerskool natuurlik) kon die onderwysers òns gyselaar hou as straf na skool. Maya Roon Joubert klink soos ‘n opstoker.

andrea van vuren ·

Cherokee, jy’s heeltemal reg! Maya Roon dalk EFF.

Johann ·

Hulle was bloot besig met hul praktiese eksamen in BRAND EN BREEK EN VERWOES!

MS ·

Sommige SA skole laat deesdae Amerikaanse skole op flieks na sondagskoolpartytjies lyk!

snoefie ·

leerder van 19 kan ek verstaan.waar kom 49 jariges in? wil alles gratis hê maar waardeer absoluut niks. laatchulle betaal voordat hulle toegelaat word om te eis.

Skim ·

Het ook gewonder maar toe weer gaan lees, dit is die GEMEENSKAP wat toe later ge’join’ het en winkels gaan breek en plunder het .. toe die leerlinge begin klipgooi en brand en breek, toe sluit die GEMEENSKAP daarby aan, en steel sommer die winkels leeg . te lekker. nou is hulle VAS heheheh lekker man .. VAS beteken absoluut niks in SA nie, veral nie met ‘n regstelsel soos ons s’n nie.

Veritas ·

Die kinders word van jongs af sonder dissipline grootgemaak. Jannie en Sannie het geen respek vir ander en dié se eiendom nie. Strawwe wat van jongs af, uitgedeel word, blyk nie toereikend te wees nie. Is dit nie maar die rede waarom ons universiteite deesdae ook deur ‘studente’ regeer word nie?

Buitestander ·

Geweld en onluste is party mense se eenigste optrede.

Griki ·

Kan jy nou meer. Die skoolkinders kla die skoolhoof beledig hulle en die gemeenskap gaan op ‘n plundertog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.