24 vir ‘dronkbestuur’ aangekeer

Argieffoto

Altesaam 24 mense is tydens ʼn spesiale operasie deur die Ekurhuleni-metropolisie vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het Dinsdag gesê die spesiale operasie is Sondag van 16:00 tot middernag op die N12-Oos by die Putfontein-afrit gehou.

“Metropolisiebeamptes in samewerking met beamptes van die Gautengse verkeerspolisie het spesifiek dronkbestuurders geteiken,” het Kgasago gesê. “Al 24 mense wat in hegtenis geneem is, is mans.”

Die mans is by die Benoni-polisiestasie aangehou en aangekla van bestuur onder die invloed van alkohol en was daar in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johann ·

24….? Wat gevang is. Die res van die besopenes ry gewetenloos rond.

Stokkies ·

En Woensdag vlugtig na hul hof verskyning word hulle op borgtog vrygelaat met n klein boete wat die meeste van hulle wat duur motors bestuur wat daai spoed kan handhaaf, kan bekostig..

Ja ·

Ja, die polisse vang ook nou se dae.
‘In die kar nog ‘n sopie;
In die kerkhof nog ‘n hopie . . . ‘

Ja ·

Ja, net een afrit, maar die naam ‘Putfontein’ is ‘n aanduiding dat daar iets spesiaals is in daardie put . . .

Hannatjie ·

Wees liewers dankbaar daar is 24 minder gesuipte bestuurders op die pad. Baie dankie Metropolisie.

Manie ·

Doen bietjie julle werk en hou elke naweek verskillende padblokkades en julle sal 24 per uur vang

Piet Pompies ·

Dronkbestuur is ‘n krimenele klag wat op jou rekord kom. Hierdie mense kry gewoonlik ‘n swaar straf, boetes met huis arres, gemeenskap diens by hospitale of tronke. As jy woon in Gauteng en jy word gevang vir dronkbestuur in Kaapstad, is die kostes om die hof by te woon vir jou koste. Al word die saak uitgestel vir een of ander rede, is die volgende bywoning ook vir jou koste.

John ·

En waar het die land se drie verkeersmanne diens gedoen? Al weer by die Drie Suster gestasioneer? Daar moet iets in die water wees daar. En ek bedoel nou nie in die drinkwaterbottels van diegene wat oortyd betaal moes word nie…

Hannie ·

Gaan word n poliesie man dan praart ons weer die van julle wat alewig die poliesie afkraak.

Chris ·

Hannie hulle sal nie want hulle kan net praat en nie doen nie

Wers ·

Ai tog maroelamedia! Dis “polisie”. Polisse is iets anders. Pateties!!

Mariné Lourens ·

Dagsê Wers

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra groot om verskoning vir die vingerfout. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Mariné nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.