25 in een bakkie beseer in ongeluk

Argieffoto

Een mens is kritiek en minstens 24 ander beseer toe die bakkie waarmee hulle almal gereis het in ʼn ongeluk was.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 06:45 op Mainweg in Hammarsdale plaasgevind.

“Die meeste beseerdes is sittend op die sypaadjie langs die pad aangetref,” het Siddall gesê.

Al die beseerdes was mans tussen 18 en 40 jaar oud.

“Hulle is op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere mediese behandeling,” het Siddall gesê.

Die omstandighede rakende die voorval is nog onbekend, maar die polisie ondersoek dit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Onbekend ·

Hoe kan die omstandighede onbekend wees?Duidelik… was oorlaai. 25 mans in een bakkie.

Hanna ·

Verstaan ek die berig reg:25 mense op en in EEN bakkie? Liewe hemel, hoe het hulle dit reggekry? Die “ongeluk” was bestem om te gebeur…

willie ·

So lagwekkend! Die omstandighede ens. sal ondersoek word! Hulle hoef niks te ondersoek nie hulle moet net tel!

JSG ·

Was ‘n tyd terug op die nuus. Meeste polisie kan nie lees of tel. ?

jaco ·

as jy die bakkiedrywer sê die bakkie is oorlaai of dit aangee by die polisie, word jy uitgekryt as rassisties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.