25 jaar ná hy 10-jarige verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Casha Ngwane (35) van Empangeni in KwaZulu-Natal is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 10-jarige meisie waarvoor hy haar telkens 50c betaal het om stil te bly.

“Ngwane het op 24 Julie 2014 die slagoffer gesien en haar na sy kamer toe geroep,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Hy het haar in die kamer verkrag en vir haar 50 sent gegee om stil te bly.”

Die verdagte het die kind ʼn paar keer verkrag en haar telkens geld gegee om stil te bly.

ʼn Saak van verkragting is uiteindelik by Richardsbaai-polisiestasie aangemeld voor die saak na die Empangeni SAPD se eenheid teen gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) oorgeplaas is. “Die verdagte is in hegtenis geneem en het ʼn paar keer in die hof verskyn voordat hy uiteindelik vandeesweek in die Empangeni-streekshof gevonnis is,” het Zwane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Heeltemal té lig.
Waarom nie ook ‘n operasietjie óf sny af wat pla?
Eintlik die doodstraf vir hierdie monsters.

Nettie ·

Gesien in die lig van etlike bydraes wat op sosiale media geplaas word oor plaasmoorde, wat – na my mening – deel is van die algemene misdaadsyfer in SA, begin ek dink dat sommige wit Afrikaners geweldig bedreig voel en onnodig sensitief is oor enige iets wat hul taal en kultuur aanraak.

Die bestaan van moorde wat op plase en kleinhoewes plaasvind kan nie ontken word nie, maar ek dink nie boere word spesifiek geteiken nie. Dit is blote misdadigheid en miskien ook nog haat vir blankes, voortspruitend uit – ja – die Apartheidsjare wat daartoe lei. Ook is die hoeveelheid geweld en wreedaardigheid wat dikwels met plaasmoorde verband hou, dalk die gevolg van die boere wat bewapen is en selfverdedigend optree. Die meeste plaasmoorde, dink ek, begin by gewone inbraak en diefstal. Wanneer die boere dan verdedigend optree, word hulle vermoor.

In hierdie geval het die man die meisie VELEKEER verkrag en geld aangebied vir haar stilswye. Dit regverdig ‘n straf van 25 jaar, vir my.

Riaan ·

Nettie, hou asb. op met dink en doen navorsing oor plaasaanvalle. Lees meer boeke, koerante ens. Werk op feite. Baie mense is eers aangeval en vermoor voor plaasaanvallers begin steel het. Daar was nie tyd vir selfverdediging nie. So, jy sê dit is die boere se skuld omdat hul weerstand bied. Nettie, ek dink jy soek net aandag.

JOHAN ·

Nettie dit is duidelik dat jy nie ‘n idee het van die wreedheid wat gepaard gaan met plaasmoorde nie,want dan sal jy dit nie as iets ligtelik afmaak nie. Dit in nie oorgevoeligheid van Afrikaners nie maar ‘n realiteit wat om die minste te se net die doodstraf verdien . En ek praat nie net van plaasmoorde nie maar moorde in die algemeen. Ons is nie oorsensitief daaroor nie . Dit wil vir my voorkom of jy dit wil afmaak as die boere se verdiende loon omdat hulle apartheid gesteun het en omdat hulle hulself en hulle eiendom wil beskerm.
Ek dink jy moet weer hieroor ernstig gaan nadink !!!

M ·

Plaas moorde is ‘n realiteit. Ek stem saam met Nettie. Moorde wat in die stede, plakkerkampe, hostelle, oral gepleeg word is maar net so wreed. Ek het al gesien waar ‘n swart vrou haar man met ‘n byl aan stukke gekap, in ‘n streepsak gooi in ‘n kruiwa laai en hom by die Polisie stasie gaan aflaai. Dit is oral wreed, die plaasmoorde kry net die regte publisiteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.