25 jaar ná tiener se verkragting, ontvoering

Argieffoto

Argieffoto

Drie verkragters is Vrydag in Limpopo tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis dat hulle ʼn tiener ontvoer en verkrag het.

“David Sekgobela (26), Samuel Maponya (24) en Masedi Isaac Makomela (25) het in naby Tzaneen in dieselfde dorpie as hul slagoffer gebly,” het kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hulle het haar in April 2012 verkrag toe sy 12 jaar oud was.”

Volgens Ngoepe het hulle haar een aand gesien en haar pad versper. “Sy het probeer weghardloop, maar hulle het haar oorval en na ʼn sekere huis ontvoer,” het hy gesê. “Hulle het haar die hele nag lank verkrag totdat sy uiteindelik omstreeks 03:00 vrygelaat is.”

Sy is ook herhaaldelik met ʼn besemstok aangerand en hulle het ʼn handdoek in haar mond gedruk sodat sy nie kon skree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

Sy was net ‘n dogtertjie. Verskriklik.. Mans is op aarde om kinders en vroue te beskerm.

Dave ·

Wanneer jy van mans praat Drieks, is jy 101% reg met wat jy sê. Dit geld egter nie vir varke.

Drieks ·

Dis hulle wat ek wil wakker help maak.. Mens moet trots wees op jou self. Met die misdaad in ons land , wys dit baie het geen trots in wie hul is nie. Soos ons president…verkragters, moordenaars, stroopers, dwelmbase …..

CHRISTA ·

25 jaar? Ek wil nog sien vir hoeveel van daardie25 jaar gaan hulle agter tralies wees. Hulle kry mos deesdae na ongeveer 5 jaar parool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.