25 vuurwapens op moordtoneel gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die polisie het Woensdag beslag gelê op 25 vuurwapens op die toneel waar ten minste drie mense doodgeskiet is toe ʼn gewapende man op ʼn groep mense by ʼn taxistaanplek in Durban losgebrand het.

Die voorval het omstreeks 06:00 by ʼn taxistaanplek in Brookestraat plaasgevind. Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die vuurwapens waarop beslag gelê is sluit in ʼn R5-aanvalswapen, 9 mm-pistole en haelgewere, asook verskeie soorte ammunisie. Die wapens is vir ballistiese toetse gestuur om te bepaal of dit tydens enige ander misdade gebruik is.

Volgens Zwane is 11 mense in hegtenis geneem wat binnekort in die Durban-landdroshof sal verskyn op aanklag van moord en poging tot moord. Hy het gesê die motief vir die skietery is nog onbekend.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het vroeër aan Maroela Media gesê dat ses mense tydens die aanval doodgeskiet en drie beseer is. Zwane het egter gesê drie mense is doodgeskiet, terwyl drie gewond is.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die moorde ten sterkste veroordeel en gesê die saak is aan die provinsiale taxi-geweld taakspan oorhandig om te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

RSA ·

Hierdie lyk vir my alles na polisie wapens wat “weg” geraak het?

Louis ·

Oooooo genade. Daar is n Provinsionale Taxi geweld taakspan maar geen plaasmoord taakspan nie. Hulle wat meer moor op die paaie en elke liewe verkeerswet oortree as enige ander het meer beskerming as n wetsgehoorsame belasting betalende , voedselproduserende, werkverskaffende Suid Afrikaanse Boer. Hoe pateties Zuma!

Johann Marx ·

Kan ons asseblief ‘n lys kry van wie die oorspronklike eienaars van die vuurwapens was? Daar moet mos ‘n register wees?

Aneska ·

I would like to know from which police station did they borrow/ steel these guns. Dit kan seker ni by n wapen winkel gekoop wird ni of is ek verkeerd

Steve Barns ·

Wat my pla is is dat ons nooit nooit hoor van waar die wapens vandaan kom nie… ek sal so graag wil weet waar vandaan en hoe hulle in die mense se besit kom.. volgens my wete teken n saps en enige sekuriteits persoon vir sy of haar wapen. Bring vir ons daardie nuus

Neil ·

Daai is Als ou polisie,weermag,sekureitsmaatskappy wapens.Wat vir my vreemd is,is dat GEEN journalis ooit die moeite gedoen het om navorsing te doen hoe en waar al die wapens vandaan kom.En nou teiken hul gewone mense se wapens.Iets pleis nie.

Winston ·

Dis maar soos dit gaan in die land. Wetsgehoorsame vuurwapen eienaars word geteiken maar die res se wapens lê in die strate rond, in motors en onder beddens. En nooit ooit hoor jy van n beampte wat a g v vuurwapen verlies vervolg is nie. Pateties, swak

Fourie ·

Ja sal graag wil weet waar daai wapens vandaan kom. kan maar by myself dink! Hierdie SA is besig om vinnig te sink maar wat kan jy verwag van n korrup regering en hulle leier Dis net chaos!!!

Jaco ·

Van wat ek kan sien op my selfoon skerm, sien ek drie lope wat soos n R5 sin lyk. Let op die magesyne, dit is nie die eerste keer dat die mense met vuurwapens te doene gehad het nie. Dit lyk soos Poliesie vuurwapens vir my. Daar was berig dat daar 800 Poliesie wapens vermis geraak het tydens die laaste financial jaar, hier is 25 van hulle.

Thys ·

Ok, so wanneer die taksie bedryf bedluit om oorlog te maak is die wapen van keuse staats gesubsudieer bes moontlik omdat dit die mees beskikbaare wapens is. Nou vra ek is daar regtig net 800 wapens die jaar weg of 8000 julle weet mos hoe werk statestiek hier in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.