250 koshuisleerders na hospitale gehaas

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Altesaam 250 koshuisleerders van die Hoërskool Ndamase buite Ngqeleni in die Oos-Kaap word vir voedselvergiftiging behandel.

Sizwe Kupelo, woordvoerder vir die Oos-Kaapse departement van gesondheid, sê die eerste groep leerders is reeds Woensdagaand by die Mthatha-streekshospitaal behandel. Die res van die groep is onder meer na die Nelson Mandela- akademiese hospitaal en die St. Barnabas-hospitaal vervoer.

Kupelo het gesê die leerders is na verskillende hospitale in die provinsie geneem weens beperkte plek by afsonderlike hospitale.

Volgens Kupelo het die leerders simptome soos maagkrampe, braking en erge hoofpyn ervaar.

Die studente word deur mediese personeel ondersoek om te bepaal of hul lewe bedreig word.

Meer inligting was nie onmiddellik bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nog 'n keer ·

Nie die eerste keer nie, tenders/kontrakte word toegeken aan maatjies, daar word geen gesondheidsinspeksies meer gedoen nie .. Net soos met LIfe Esidemeni is hulle so BEE behep en so behep daarmee om iets vir die goedkoopste moontlike prys te kry dat hulle enige gemors aan die kinders sal opdis ..

GM ·

@Nog ‘n keer, of hul sal die duurste ‘tender’ kies, sodat hul boeties kan ryk word daaruit, en dan die goedkoopste kos aan die kinders voorsit.

JT ·

Asof gesondheidsinspeksies noodwendig sal keer dat mense nooit siek word nie. Moet asseblief nie wilde stellings maak oor ‘n onderwerp waarvan u duidelik geen kennis dra nie.

Basjan ·

Ek het in koshuis gesien dat die bokse gevriesde vleis gemerk is “Suitable for human consumption”. 5 jaar daar gebly en geëet, spekvet en gesond. Die koshuis tannies het heerlike kos gemaak. Selfs Sondae pizza gehad met die week se oorskiet. Maar kyk, na my koshuisdae kon my maag enige iets hanteer, haha.

Netso ·

Jy bedoel seker” unsuitable ” for human consumption ? Arme ouers van daai skool kinders!

James ·

Laat ek raai: Die koshuisbestuur – en veral die koshuiskombuis – is onlangs suksesvol gedekolonialiseer….

John ·

Mense, voedselvergiftiging gebeur orals, ek het met my vorige besoek aan SA by een van Brooklyn se top restaurante dit gekry, (naam word weerhou vir obvious reasons). Dit kan gebeur met jou ma se kos, restaurant kos, take aways, en weet julle wat?? ook in koshuise. Hou op belaglik wees en alles op ras draai. Geen wonder SA beweeg nie voorentoe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.