254 vas ná Noordwes-klopjagte

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), in samewerking met lede van die weermag, het die afgelope naweek 254 mense tydens klopjagte in Mahikeng, Marikana en Mmabatho in Noordwes in hegtenis geneem.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes is vir verskeie oortredings in hegtenis geneem insluitend dwelmbesit, aanranding, diefstal, opsetlike saakbeskadiging en die besit van onwettige sigarette.

Volgens Mokgwabone het die klopjag deel gevorm van Operasie Fiyela wat areas teiken waar buitengewoon baie misdaad voorkom. “Die polisie het gedurende die operasie op twee voertuie beslag gelê waarvan die onderstelnommers mee gepeuter is. Daar is ook op verskeie onwettige vuurwapens en ammunisie beslag gelê,” het sy gesê. Soveel as 240 van die mense wat in hegtenis geneem is, kon geen identiteits- of verblyfdokumente lewer nie.

Die onderskeie verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Mmbatho en Rustenburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.