26 beseer in KZN-busongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Minstens 26 mense is Maandagaand beseer nadat ʼn bus op die N3 naby Estcourt in KwaZulu-Natal omgeslaan en ʼn paar motors getref het.

“Die groot bus het in die middel van die pad op sy sy gelê,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Paramedici moes in die swaar reën en hael die beseerdes behandel.” Die persone het slegs geringe tot matige beserings opgedoen.

“Paramedici moes spook om seker te maak die pasiënte bly droog en warm weens die gure weersomstandighede,” het Meiring bygevoeg. Die beseerdes is na die Estcourt-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die nat weersomstandighede was vermoedelik die oorsaak van die ongeluk, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie van der Merwe ·

Hoop almal herstel gou. Versigtig op nat paaie en hou volg afstande… veilig reis!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.