26 beseer in N3-busongeluk

Foto: ALS Paramedics Medical Services

Minstens 26 persone is Vrydagoggend vroeg beseer in ʼn busongeluk  op die N3 in die rigting van Durban, KwaZulu-Natal. Die ongeluk het omstreeks 06:00 net ná die Mariannhill-tolplaza in Pinetown plaasgevind.

ALS Paramedics Medical Services het in ʼn verklaring gesê die bestuurder het beheer verloor oor die bus en ʼn versperring getref. Die bus het op sy sy tot stilstand gekom.

“Die pasiënte is dadelik geassesseer en nog ambulanse is ontbied. Altesaam 26 persone het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer.”

Twee passasiers is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die omstandighede van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie is op die toneel en stel ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.