26-jarige gevonnis ná moord oor sigaret

sigarette

Foto: Sipa/Pixabay.com

ʼn 26-jarige man is in die Virginia-streekhof in Welkom in die Vrystaat tot 14 jaar tronkstraf gevonnis in verband met die moord op ʼn 62-jarige man.

Konst. Mahlomola Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê Lehlohonolo Moqhali is Dinsdag gevonnis nadat hy die ouer man in Oktober verlede jaar met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Kareli het gesê Lehlohonolo het die aand in Meloding saam met ʼn vriend geloop toe hulle die 62-jarige man teëgekom het. Hulle het hom vir ʼn sigaret gevra. “Die man het aan die twee jonger mans gesê hy het nie ʼn sigaret nie. Lehlohonolo het hom daarna verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die ouer man is op die toneel dood.”

Die polisie in Virginia is na die toneel ontbied en het ʼn saak van moord ondersoek. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en hul saak is na die provinsiale taakspan, wat georganiseerde misdaad ondersoek, oorgeplaas.

Albei verdagtes het in die Virginia-landdroshof verskyn en die 26-jarige het skuld beken op die aanklag. Hy is tot 14 jaar tronkstraf gevonnis. Sy vriend is vrygespreek op alle aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MissDemeanor ·

Hy is nie vermoor vir n sigaret nie, hy is net vermoor. Ek dink as hy wel n sigaret gehad het en vir hul een gegee het sou hulle hom nogsteeds vermoor het…

ES ·

Skokkend.

Daar is niks om te vrees vir kriminele in die tronk nie. Hul kan verniet bly, eet en geskooldheid kry – en dit als met die belastingbetaler se geld!

Ek is moeg om vir kriminele te sorg, net sodat hulle my lewe in gevaar kan stel. Ek is moeg om d.m.v. belasting te sorg vir mense wat die vermoëns het om te werk maar nie wil nie.

jakes ·

In SA is n lewe minder werd as n sigaret. Ek het ook nie geweet dat 14 jaar n gepaste vonnis is deesdae vir moord nie. Geen wonder dat regsgrade in SA nikswerd is in ontwikkelde lande nie. Elke jantrap en sy maat kan aangestel word as n advokaat, landros of regter. Dis lagwekkend maar tragies.

J ·

14 jaar vir n sigaret….dit verduidelik dat plaasmoordenaars niks kry nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.