27 beseer ná bus en trok bots

ambulansAltesaam 27 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn vragmotor Woensdagaand naby Kroonstad in die Vrystaat gebots het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Donderdag gesê die ongeluk het op die Viljoenskroon-pad plaasgevind. “Die mense het matige tot ernstige beserings opgedoen. Hulle is deur verskeie nooddienste op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Steinmann gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elize ·

Ja ek wil ook sommer verneem,van die Bus ongeluk wat naby Oudshoorn, gebeur het.Daar was nog eenkeer iets in die burger,maar die mense wat dood is,en wat verder gebeur het,was nog nooit weer n woord van geskryf nie.Al wat gese is dit was n 25 jarige Zimbabwier wat die bestuurder was,en hoeveel mense dood is,en wie hulle was,nog in geen koerant of enige nuus nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.