27 bokke ‘tot as’ verbrand

Verdagtes het 27 bokke lewend in hul kraal verbrand. Foto: Verskaf

Die Limpopo-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat 27 bokke lewend in hul kraal verbrand het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het tussen Sondagaand en Maandagoggend in die Ga-Mashishi-nedersetting, suidoos van Polokwane, plaasgevind.

“Die gesin het wakker geword van die angswekkende geluide wat die diere gemaak het en toe hulle gaan ondersoek instel, het ʼn verwoestende brand in die kraal gewoed,” het Mojapelo gesê.

“Die brand het al die bokke tot as verbrand en ook ʼn kraglyn beskadig.”

Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die kraal wat verbrand het. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wilmarie ·

Daai arme diere! Hoe mense so wreed teenoor diere kan wees, gaan my verstand te bowe! ?

smurfie ·

Mense kan so wreed wees.
Wanneer gaan mense besef dat diere ook seer kry en pyn voel! :(

Helene ·

Genade ….!! Die wreedheid ken geen perke nie. Arme bokke!!

honourable member ·

Hierdie mense se wreedheid ken geen perke nie. Hulle het respek vir presies niks op hierdie aarde nie.

Antjie ·

NSPCA
Deesdae het die SAPD baie hulp nodig met ondersoeke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.