27 mense sterf in ongeluk op N1

Foto: ER24

Altesaam 27 mense het gesterf in die grusame ongeluk wat Vrydagmiddag op die N1 naby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo plaasgevind het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media die dodetal van die ongeluk tussen Kranskop en Middelfontein bevestig.

Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoe die ongeluk gebeur het nie, maar owerhede het bevestig onder meer ʼn vragmotor, ʼn 22-sitplek minibus en ʼn ligte afleweringsvoertuig was betrokke.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, sê paramedici het net na 16:00 by die toneel opgedaag. Sy sê talle mense is in die ongeluk beseer hoewel die presiese getal beseerdes nog nie bevestig kan word nie. Die beserings wissel van gering tot ernstig.

Die ongelukstoneel. Foto: Verskaf

Matome Moremi, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het teen 18:50 gesê die N1 is steeds in albei rigtings gesluit. Volgens Moremi behoort die pad binne ongeveer ʼn halfuur oopgestel te word.

Intussen word motoriste wat van Gauteng of Bela-Bela ry, aangeraai om die Kranskop-afrit na Modimolle as alternatiewe roete te gebruik. Motoriste wat van Polokwane in ʼn suidelike rigting ry, moet die R101-afrit by Mookgophong neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Ander Annie ·

Alweer ‘n minibus taxi en ‘n trok. Dit is tragies. 27 Gesinne wat vanaand in rou gedompel is en wie se lewens in ‘n oogwink verander. Innige simpatie aan die bedroefde familie en spoedige beterskap aan die beseerdes.

nici ·

Ek kan net dink hoe…… Ek ry ongelukkig elke liewe dag 30km in en weer 30km uit die dorp om my kind skool toe te vat en ongelukkig weet ek hie mense bestuur!

Cherokee ·

shucks! ‘Ongelukkig’ weet jy hoe mense bestuur. Ander mense sou dit as gelukkig beskou het.

Z ·

22 sitplek bus en vragmotor.
27 sterf…
So jammer dat mense so uitgebuit word en dan met hul lewens betaal.

Spikkels ·

Maroela het nie al die Feite nie. Trok se band gebars in en toe inaankomende verkeer in daar was n taxi wat 22 persone kan vervoer n bakkie, n voertuig en SUV betrokke. Daarom is 28 persone oorlede twee van die 28 is Bekende persone in Polokwane Erica en Pierre Bantjies hul twee kinders is nou wees gelaat so ook talle van die ander persone wat oorlede is. Dit is vir ons baie hartseer oor al die lewens en gesinne wat verwoes is met die ongeluk. Ons ry nooit meer die hoofweg nie agv ons was op die einste plek amper self in ongeluk betrokke waar daar ook 5 persone oorlede is band gebars, spoed en alkohol

Mariné Lourens ·

Dagsê Spikkels

Dankie vir jou kommentaar. Lees gerus Maroela Media se volledige beriggewing oor die voorval. In die jongste berig word genoem dat die Bantjes-egpaar in die ongeluk gesterf het, dat daar verskeie voertuie by die ongeluk betrokke was en dat die vragmotor se band gebars het. Jy kan al ons berigte oor die voorval hier lees.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Koos de Meyer. ·

Ek sien op die nuus die dame kla oor die pad. Dis nie die pad nie, die Taxi’s jaag soos maniakke vernaam hierdie 22 sitplek bussies. Die dood moet mos altyd ‘n oorsaak hê en onskuldige mense sterf onnodig.

Hans ·

Die vragmotor se band het gebars toe ry dit in die aankomende verkeer in. Daar was ook meer as drie voertuie betrokke, insluitend privaat gesinsvoertuie.

Blompot ·

Jys super gemeen “BB” Hans praat waar. Daar was die trok, die bussie, 2 x SUV’s en n Ford Ranger waarvan ek weet want my skoonseun het die ongeluk net net gemis.

Sarkasme aan die tafel vd dood. Skaam vir jou! Daar is in een SUV n “tannie en oom” oorlede en in die ander SUV n “tannie oorlede” en n oom was nog lewend op die toneel gewees en onbekende mense in die bakkie. Agg, ek weet nie hoekom ek dit even verduidelik nie.

Johan ·

27 dood,talle beseer…..n 22 sitplek bussie,trok 2?ligte afleweringsvoertuig 2?Dit gee jou 26.Hoeveel mense was in die bussie?!!

BB ·

Hier gaan baie mense dood naby Bela Bela.
Hoeveelste groot ongeluk is dit die een vir okt?

Blompot ·

My skoonseun was daar, dit was grusaam. Volgens ooggetuies het die sement trok beweerlik beheer verloor en ge”jack knife” en gebots met aankomende verkeer en en en. My hart het vir n wyle gaan staan want my man en my skoonseun was op die pad. Die myn bussie is ook so n “22 sitplek taxi” en my skoonseun was oppad met n SUV en al wat ek hoor toe my skoonseun my dogter bel is daar was n “22 sitplek bussie”

Asb, moenie net na gevolgtrekkings spring nie.

Baie baie baie mense het bitter seer vannag, maak dit regtig saak hoekom of wat hul kleur is???

My gebede is vannag vir hierdie mense wat agter bly. Ohhh dis n bitter seer seer. Ek was al daardeur.

Zelda Boshoff ·

Mense het hard geword. Sterkte Blompot op daai pad. In 1986 was daardie hoofweg al n riller Pietersburg toe. Ons moes een jaar met n Ford 3 Liter langs die snelweg ry oor n Paasnaweek of ons was dood. Nou is dit 100x erger!

Mel ·

Riv Pierre en Erica Bantjies jul was nog jonk saam jul kinders. Goeie mense en jul het so gelukkig gelyk altyd. Hul moet n eiland in die middel insit net soos die pad van kranskop na pretoria dit help om die teenoorgestelde verkeer weg te hou.

Bren ·

So bitter hartseer. Ja hul was kosbare mense. Erica altyd haar salon oopgestel dat mense wat sukkel se kids verniet kon hare sny. Groot verlies. Arme kinders. Mag Jesus hul styf vashou. En ja ek stem vir daai middel man vir die pad.

Blompot ·

Ek is nou bitter geskok en ontsaglik hartseer. My dogter se nounet vur my Erika en Pierre is oorlede. Ek is soooooo hartseer en seer en alles.

Annemarie Lee ·

Ons is daar verby en vanaand kan ek net die Hemelse Vader dank dat hy ons veilig en behoue by ons bestemming uitgebring het. Terselfdertyd breek my hart vir elkeen wat ʼn geliefde verloor het en bid hulle God se rykste vertroosting toe.

IK ·

Ek was in Sept 2016 op daardie pad en moes noodgedwonge deelneem aan die reisies om nie van agter doodgery te word. Dit was ook slegs van Pienaarsrivier tot die afdraai na Warmbad. Verlede maand Sept het ek ‘n draai van 70km via Marble Hall gery om daardie N1 te vermy!! Natuurlik waar ek bly kon ek dit makliker doen as byv. iemand in Pretoria.
Voorgaande kommentaar dui ook daarop dat ongewenste gevolgtrekkings gemaak word en ek stel voor dat MM dit verwyder in die lig van ander kommentaar wat die hartseer verhaal vertel.

Louise ·

Ons was gister van Klerksdorp oppad Potgietersrus toe. Net na Potchefstroom is die verkeer herlei agv van ‘n ongeluk op die N12. En natuurlik het ons dieselfde op die N1 gehad. Die meeste motoriste is selfsugtig, onverantwoordelik en het geen respek vir hul passasiers,, verkeersreëls en mede padgebruikers. My hart gaan uit na almal wat gister betrokke was in daardie groot botsing op die N1, daar waar ons op die R101 langs die botsing verby is was dit chaos. Aan al die paramedici en verkeersowerhede wat hulle hande vol gehad het kan ons net baie dankie sê.

Louise ·

Ons was gister van Kld oppad Potties. Was by eers op die N12 en N 1 herlei agv van die ongelukke. Die motoriste is selfsugtig, onverantwoordelik en het geen respek vir hulself,, verkeersreëls en mede padgebruikers. My hart gaan uit na almal wat gister betrokke was in daardie groot botsing op die N1, daar waar ons op die R101 langs die botsing verby is was dit chaos. Aan al die paramedici en verkeersowerhede wat hulle hande vol gehad het kan ons net baie dankie sê.

Realis ·

Alweer ‘n trok betrokke….. Net gister oor hierdie trokke kommentaar geplaas. Ek besef die spoorwee is nie ‘n opsie nie, maar kan trok eienaars asseblief tog seker maak hul trokke is padwaardig en hul maak gebruik van bekwame trokdrywers!!!! Te veel trokke wat nie onderhou word nie, kyk maar mooi die bande van sommiges, want trok eienaars wil nie geld uitgee daarop nie. Owerhede, so onbevoeg as wat hul is, moet strenger perke stel vir die damn trokke.

Josua ·

Die probleem in Suid Afrika is dat mense glad nie meer n saak met die volgende persoon het nie, ons sien dit daagliks waar mense in die middel van die pad loop en jy moet maar om hulle ry en waag dit om toeter te blaas, As gevolg van die “dont care” houding gaan skryf die mense hul motor lisensie toetse en gebruik dan dieselfde houding wanneer hulle bestuur, ek was al so van die pad gevorseer deur aankomende verkeer tussen Potch en Carltonville en ek voel sterk dat kinders reeds op skool reg geleer moet word waarom daar padreels ens is. Ongelukke gebeur en nie noodwendig deur onverskillig wees nie maar as mense van skoolbank al reg geleer word asook by die huis sal die gemors op ons paaie drasties verminder, haaglike en gevaarlike wettelose omstandighede in Suid Afrika wat ons regering gehelp geskep het – het ook ‘n groot bydrae tot die onggelukke, mense wil so gou moontlik hul veilige bestemming beryk agv die omstandighede in die land tans, sterkte aan al die families wat geliefdes verloor het ons dink aan julle in die tyd van rou.

Amanda ·

Ai dit is baie tragies. Ek het gesien dat daar weermaglede ook op die toneel. Aangesien daar basis naby is het hulle seker gaan help. Sjoe ja groot verlies in die Polokwane gemeenskap. Pierre en Erika. My gebede gaan uit na almal.

Abe ·

Dit is ontstellend hoeveel rapporte mens elke dag op media kry van padgebruikers wat net eenvoudig roekeloos aangaan op ons paaie. Het berigte van ongelukke soos hierdie een waarin 27 mense dood is dan geen uitwerking op motoriste se houding nie? Moet mens aanneem dat dit maar net die menslike natuur is om homself en sy medemens se lewe te disrespekteer? Dis vir my een groot onverklaarbare waarheid.

Abe ·

Ek wil myself hier antwoord dat ek besef nie elke motoris wat in ‘n ongeluk kom, land daar omdat hulle roekeloos is nie. Soos Lusinda hier se daar is iets soos ‘n “ongeluk, ‘n tragiese, hartseer ongeluk”.

Lusinda ·

Die spesifieke trok betrokke behoort aan eienaars wat beslis nie kanse sal vat wat die veiligheid van hulle trokke en drywers asook ander mense op die pad se lewens in gevaar sal stel nie. Niemand kan voorspel wanneer ‘n band gaan bars nie,want ek is 100% oortuig daarvan dat Dynamic indien hulle dit kon voorspel dit beslis sou verhoed het. Hierdie was ‘n ongeluk,’n tragiese,hartseer ongeluk! One gebede gaan uit aan al die families,kinders,ouers almal wat geliefdes moes afstaan.

Oop oge ·

Hoe skokkend dit ookal mag klink…

Voor die grondlegging van die aarde was elke lewende wese se begin einde al vasgestel en NIKS sal dit ooit kan verander nie.

Jesaja 45 : 6 en 7
Ek is die Here, en daar is geen ander nie;
wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die Here, is dit wat al hierdie dinge doen.

Ons gelowiges kan maar net medelye hê met die agtergeblewenis en aan God alle eer gee….

Yea ·

Watookal jou gelukkig maak om te redeneer. Mesnelewens is verloor agv swak onderhoud en swak bande op n trok, nalatigheid. Moet asseblief nie die skuld op God pak nie.

Elsa ·

My innige simpatie met al die oorledenes se families. Yea, daar is uitdruklik genoem dat die eienaars van die betrokke trok nie sal kanse vat die veiligheid van hul trokke en trokdrywers of ander mense op die pad in gevaar sal stel nie. Waar kom jy daaraan om te sê dis agv swak onderhoud, swak bande en nalatigheid? Mwens kan nie sommer jou eie gevolgtrekkings maak en dit nog verkondig ook nie.

Oop Oge, ek glo ook nogal daaraan dat mens se lewe, jou begin en einde al bepaal is voor geboorte. Dis hoekom ek nie in vrees lewe nie en hoekom ek nie belang stel om te emmigreer nie. Dit sal nie help mens vlug oorsee om te dink mens gaan ‘n gewelddadige einde vryspring nie, want dit sal dan daar ook met jou gebeur.

Rb ·

Hoekom word in die verslae net verwys na die Bantjies egpaar. Wat van die trok bestuurder, passasiers in ander voertuie?
Blykbaar was daar 2 x SUV’s en ñ bakkie betrokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.