27 reeds dood oor besnydings wat skeefloop

Argieffoto (Foto: Dingeman, Wikimedia Commons)

Minstens 27 persone is reeds vanjaar dood, ʼn afname van die 44 wat in 2015 by inisiasieskole gesterf het, het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake Dinsdag gesê.

“Die ministerie betreur die ontydige afsterwe van hierdie jong mans en stuur sy meegevoel aan die families en vriende van die oorledenes,” het die departement gesê. “Die adjunkminister [Obed Bapela, verantwoordelik vir tradisionele sake], het gesê dit is onaanvaarbaar dat persone wat die inisiasieskole bywoon steeds sterf, selfs wanneer maatreëls in plek gestel is om dié uitdaging aan te spreek.”

Volgens die departement is dit dieselfde probleme waaroor gemeenskappe reeds gewaarsku is, soos dehidrasie, besnydingsprosedures wat skeefloop en talle ander oorsake wat verlede jaar tot sterftes gelei het.

Die inisiasieseisoen het die afgelope naweek tot ʼn einde gekom met vyf provinsies, Gauteng, Noordwes, die Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo, wat as probleemgebiede uitgewys is. Die hoogste getal sterftes is in die Oos-Kaap aangemeld (18), terwyl Limpopo, Mpumalanga en Gauteng elk twee sterftes aangemeld het. Drie persone is in Noordwes oorlede.

Bapela het vandeesmaand die verskillende provinsies besoek en die ontvoering van jong seuns en onervare tradisionele chirurge veroordeel.

“Die besoeke was ook deel van die departement se poging om onwettige inisiasieskole hok te slaan. Die adjunkminister het ook met ouers vergader wie se kinders ontvoer is en wie se kinders gesterf het. Hy het ook in gesondheidsentrums en hospitale besoek afgelê by jong mans wat gered is.”

Die departement sal in November ʼn beraad hou vir tradisionele leiers, waar alle tradisionele sake, insluitend inisiasiepraktyke, bespreek sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kaufman ·

Dis nou die gevolg van blatante ignoreer van basiese kennis van hoe lewe, siekte en dinge werk. Bakteriee maak siek, daarom higieniese praktyke. Dit is hierdie einste ignoreer van logika wat maak dat hulle vir partye soos die ANC stem, dat hulle nie weet wat is reg en verkeerd nie.

Joann ·

As hul maar hul lewe so reg wil leef as wat hul glo aan besnyding. Dit is sommer net n seksistiese storie

Tiger ·

My hart bloei vir hulle.Hoop die tradisionele leiers maak nog tientalle inisiasie skole oop in ver afgelee gebiede.

Lance ·

Hulle verstaan nie higiene nie …die hele kultuur verander ook nie ….elke jaar dieselfde ou storie ….maar soos naie ander goed in SA . ..ons weet dis n probleem maar die mense wil nie of is te bang om iets te se ….moet netnie iets verkeerd se nie anders brand of breek iets weer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.