27 reeds vas vir geweld in KZN

Die betogers is glo vies omdat oudpres. Jacob Zuma in hegtenis geneem is (Foto: Skermskoot)

Altesaam 27 verdagtes is reeds in hegtenis geneem vir misdade wat verband hou met gewelddadige betogings in KwaZulu-Natal. Betogings kom sedert gister in dié provinsie voor.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen ʼn beroep op gemeenskappe in KwaZulu-Natal gedoen om hulself daarvan te weerhou om by kriminele aktiwiteite betrokke te raak en sodoende ekonomiese vooruitgang te belemmer.

Maroela Media het vroeër berig verskeie hoofpaaie is met brandende voorwerpe versper en 26 vragmotors is reeds deur betogers aan die brand gesteek. Betogers is ontevrede oor die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma vroeër die week.

Luidens ʼn verklaring deur die polisie in KwaZulu-Natal is 27 mense sedert Vrydag in hegtenis geneem en word aangekla van onder meer openbare geweld, sakeroof en oortreding van die afsonderingsregulasies.

Brig. Jay Naiker, woordvoerder van polisie in KwaZulu-Natal, het Saterdagmiddag gesê die M3 by Mooirivier is steeds gesluit terwyl polisie en ander wetstoepassingsowerhede spook om die gebrande trokke en ander vullis uit die pad te verwyder.

Betogers het deur die nag altesaam 26 vragmotors uitgebrand (Foto: Rob Beezy, Twitter)

“Motoriste word aangesê om eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak of hierdie gebied versigtig te nader. Polisiebeamptes is steeds hier ontplooi om seker te maak dat geweld nie opvlam nie.”

Ramaphosa het die inhegtenisnemings geloof en gesê die redes wat aangevoer word vir protesoptogte in KwaZulu-Natal kan nie vandalisme en openbare geweld regverdig nie. “Die Grondwet beskerm Suid-Afrikaners se reg om te betoog, maar dit kan nie as verskoning gebruik word om die wet te oortree of eiendom te beskadig nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê die skade wat met die betogings gepaard gaan, is vernietigend vir die land se reeds haglike ekonomiese situasie.

“Dit skaad die land se beeld in die buiteland en sal voornemende beleggers afskrik om hier te belê.

Daar is tans baie boodskappe wat op sosiale media die rondte doen wat geweld aanhits terwyl die vernietiging van eiendom, vragmotors wat aan die brand gesteek word en oproerige byeenkomste daagliks voorkom.”

Hy sê dit is onaanvaarbaar dat die interne gevegte van die ANC nou ontwikkel het in openbare onrus en geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Cherokee ·

As Antie nie so DA-gesind was nie, het ek Antie ondersteun met Antie se betoging teen die betoging.

Andre ·

Net om Maandag weer uit te wees op R500 borgtog, en dan sien jy hom nie weer nie.

casper ·

Feite — Daar is geen verantwoorelikheid of nagevolge vir die spul nie !!!

Nie Verbaas ·

Nee, jy sal hom weer sien. Weer op tv besig om te brand en breek!!

Persheks Adri ·

So min uit daai hordes betogers gggmmmfff ek’s seker julle kon beter doen! Cyril versoek al wéér plaas gee hy instruksies nee hel man kom by en kyk wat doen jou mense! Dis pateties verby werklik!!!

Esme ·

Hoor vroeer hoe die SAPD se lede gedreig word as hulle wil optree. Dit klink vir my so al na die verhaal van Afrika. Geweld, verwoesting, verwisseling van leierskap, diktatorskap en die uiteinde is chaos wat in werklikheid nooit herstel word nie.

Arthur ·

Maak soos op Marikana. “This is an unlawful assembly……… was die in Senekal, was daar al geskiet.

Nie Verbaas ·

“Die Grondwet beskerm Suid-Afrikaners se reg om te betoog, maar dit kan nie as verskoning gebruik word om die wet te oortree of eiendom te beskadig nie.” O so hulle mag nou betoog? Ek dog dat geen openbare byeenkomste toegelaat word onder huidige vlak nie of geld dit net vir die wat nie Zuma ondersteuners is nie? Ons praat nie eers van privaat eiendom wat deur die “mense” sonder respek vernietig word nie.

Anel ·

Nou wonder ek wat het al hierdie verwoesters by zuma gekry? Elkeen het seker ‘n groot huis, koskaste vol kos, klere, motors en stywe bankrekeninge. Nou probeer hulle keer dat hulle dit nie verloor nie. Arme sotte! Omdat hulle niks het nie, nou mag niemand iets hê nie. As jy ‘n misdadiger is, mag jy nie tronk toe gaan nie. Wie dink hulle gaan betaal vir die verwoesting? So jammer ons stemselsel kan nie verander word dat slegs geregistreerde belastingbetalers mag stem nie. Dit is per slot van sake ons belastinggeld wat vir die gemors betaal. Dan kon ons dalk groter sê gehad het!!

ElizeK ·

Anel vir president. Ek kon dit nie beter gestel het nie. Well said.

Ovelia ·

Ek dink hul mut di wet verander dat geen betogings wettig is ni. Op di stadium word geen maatreels aangande lock down toegepas ni

Kobus ·

Is Zuma se dogter een van hulle? Stadig nou SAP,27 is uitstekend, veral as ons nou dink dat hierdie prestasie oor 3 dae se plundery plaasvind. Hou so aan

Tiptol ·

Hy het eintlik net dit gesê. Nou lekker gelag vir jou kommentaar.

Jr ·

Ooh my genade – dr Pieter Groenewald SÊ WEER. BLAH BLAH BLAH. VF vir julle laas gestem maar wragtag al wat julle doen is SÊ.

Eragrostis ·

Dr. Groenewald praat dan mos die waarheid, Jeff. As dit wat hy hier gesê het nie sin maak vir jou nie, is jy nie in voeling met realiteit nie.

Cherokee ·

Soos die Antie sê, 27? Slêgs 27? Brêg hulle daarmee? Ag jimmel, dit is onveilig om rond te ry hier, en ramapokker is sò versigtig met sy beswaar daarteen. 27! Kan julle dit glo! 27 is al aangekeer! cele moes oortyd gewerk het.

Pieter ·

Die President se “beroep op kalmte” beteken absoluut niks!!! Hierdie terroriste gaan hulle nie daaraan steur nie!!! Dit is nie “betogings” of “protesaksie” nie, dit is terrorisme. Vir diè wat nie met my saamstem nie, die definisie van ‘n terroris:

Someone who uses violence, mayhem, and destruction — or the threat of those things — to coerce people or countries into taking a certain action is a terrorist. A terrorist may be motivated by religious fervor, politics, or just plain old-fashioned greed.

Jannie van Niekerk ·

Ek stem saam. berope op kalmte? Geen ANC ondersteuner weet wat dit bteken nie. Ek is seker grootBekkie met die hoed en Rampspoedphosa steun in hulle harte die betogers.

Ovelia ·

Moenie dat di.polisie opuim nie. Kry die betogers om dt te doe

Eragrostis ·

Dis so ironies dat Ramaphosa nou uitvaar teenoor dié protesoptredes, maar dis dan presies dieselfde optredes van Ramaphosa en sy kaders tydens die sogenaamde ‘struggle’-tye. Hulle het dan ook geglo om te vandaliseer, openbare geweld en kriminele aktiwiteite toe te pas tydens hul betogings. Dis die voorbeeld wat hulle dan gestel het. Hoe kan hy dit dan nou veroordeel? Die ANC het die kultuur van wanorde en geweld self geskep.

Moeggeploeg ·

“Dit skaad die land se beeld in die buiteland en sal voornemende beleggers afskrik om hier te belê
Vertel ons iets wat ons nie weet nie. ANC lyk nie veel gepla oor situasie nie

annie ·

Ons too-late-to-act polisiemag is ‘n joke. Niemand het gesien hier kom moeilikheid nie. Geen verkeersman op ons paaie nie net by vervalle lisensiekantore in-en-uit met hamburgers a la king en vet-besmeerde pampiere. CR vra vir kalmte en begrip vir die pyn en lyding van die impi’s van ‘n ‘ware’ staatsman en sy kort verblyf in Hotel Zuma waar hy glo soos koning eet… Groot ‘ander’-se-geld word weereens verspil tot as ter ere van ‘n morsjors-se-moses met sy eie-eie gechloorde brandpoel tuis.

Gert ·

Wens jy kon die betogers vir net 10 dae bymekaar hou dan sal hulle self die prys begin betaal vir hulle slimheid en sommer minder ook word

Pieter ·

Die anc land is een groot grap en die regstelsel is nog n groter grap.

Jannie van Niekerk ·

Ou grootBekkie met die hoed asook Rampspoedphosa ondersteun in hulle harte die betopgers daarom mag die polisie nie so uiters streng optree soos wat hulle teenoor enkelinge wat op die strand loop optree nie. Die ironie is dat de selfde spul wat nou so betoog WEER vir die ANC gaan stem,.

Jack ·

Wys jou weereens hoe swak en onbevoeg die land se polisie bevelvoerders is. Hulle is eenvoudig te bang om die sambok in te le teen diegene wat op kamera die wet oortree en eiendom vernietig. Geen murg in die pype. Makliker om drank en sigarette af te neem. Nie so gevaarlik nie. Hierdie is onluste en onluste moet met mag onderdruk word want die rede vir die onluste gaan oor n die grootste krimineel van alle tye. Daar is geen regverdiging vir die vernietiging nie.

Francois ·

Waar is wet en orde. Nee polisie kruip by hulle huise weg. Stuur die weermag in

Snowball ·

Dit spoel nou oor na Gauteng. Baie stemboodskappe wat heen en weer vlieg en planne om verskeie hoofroetes in Gauteng te versper. Een oproep vra om wit besighede en areas te teiken – die Revolusie het glo begin teen ‘White Supremacy’. Ek wonder of die Polisie hulle hoegenaamd WIL stop?

Blomme ·

Ons land is in sy peetjie. Die rgering regeer die land in die afgrond. Volle Afrika staat nou!

Toy ·

Die Wet sal hersien moet word aangaande betogings. Die trokeienaars sit met miljoene rande se skade, hulle moet ‘n eis instel teen die staat wat strenger moet optree teen die wettelose betogers, dit kan mos nie so aangaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.