27 Tuks-betogers in hof

Een van die lede van die #UPrising-beweging. Foto: ANA

Een van die lede van die #UPrising-beweging. Foto: ANA

Die studente van die Universiteit van Pretoria (UP) wat van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging aangekla is ná ʼn betoging Vrydag voor die hekke van die universiteit het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Vyf regsverteenwoordigers, naamlik Timothy Ramabulana, Ralph Mokwala, Donald Sekwakweng, Mmatsela Motsepe en Michael Matlapeng, het die 27 beskuldigdes verteenwoordig.

Die staat het versoek dat die saak uitgestel word om die ondersoekspan kans te gee om beeldmateriaal en foto’s van die voorval te bekom. Ramabulana het ingestem dat die saak uitgestel word, maar het gesê dit behoort die enigste uitstel te wees aangesien die saak so gou moontlik afgehandel moet word om sy kliënte kans te gee om op hul studie te fokus.

Sekwakweng het die borgtog-voorwaardes wat stipuleer dat die beskuldigdes aan geen onwettige betogingsaksie mag deelneem nie, bevraagteken. Volgens hom word die studente sodoende van die reg ontneem om deel te neem aan “kwessies van nasionale belang” wat hulle ook raak. Die staat het egter volgehou dat ʼn deelname aan onwettige betogings ook deelname aan onwettige aktiwiteite is en daarom mag die studente nie toegelaat word om aan sulke aksies deel te neem nie.

Die studente, wat reeds oor die naweek op borgtog vrygelaat is, het die hof ná afloop van die saak verlaat. Die saak is tot 7 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Mthokozisi Lukhele, die leier van die #UPrising-beweging, ook bekend as die #UPBlackMonday-beweging, het buite die hof gesê dat die inhegtenisnemings hulle nie afskrik nie, maar bloot hul geveg vir slegs Engels op die kampus versterk.

“Ons hou vol dat die universiteit slegs een onderrigtaal sal hê en dat Afrikaans en Sepedi nie deel daarvan sal vorm nie. Ons soek net Engels as onderrigtaal en ons sou nie nou in hierdie posisie gewees het as die universiteitsbestuur al verlede jaar die studente se memorandum in werking gestel het nie,” het Lukhele gesê.

“Ons sal ʼn goeie geveg veg en geen swart kind sal weer ondermyn word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

saarkie ·

Daar word toegegee aan die eise van EFF wat n minderheidsparty is. Cheryl de la Rey en slap UP bestuur gaan nog die prys betaal vir hul ruggraatlose lafhartige hantering van die betogende amokmakers

m ·

Duidelik het die nuwe SA niks aan party mense se IK’s gedoen nie. Hulle beweeg nogsteeds agteruit in die lewe………

Wilsie ·

Dis eintlik baie maklik. Laat elke student wanneer ingeskryf word, saam met sy / haar ouers, ‘n onderneming onderteken dat wanneer so persoon skuldig bevind word aan onwettige optogte, stakings of politieke geweld, onmiddellik permanent van alle universiteite in Suid Afrika geskors word.

DRIES se ADVIES ·

BYDRAES moet Ingevorder Word en BOU ‘n AFRIKAANSE UNIVERSITEIT in ORANIA – Waar Dit AFRIKAANS Gehou KAN WORD en HULLE dit Nie AFBRAND NIE -? !

Otter ·

Ek stem saam. Sien aros.ac.za sol-tech.co.za akademia.ac.za
Daar is seker nog.

Hendrik ·

Ek dink die groot kwessie is om die dosente vanaf bv Tuks te lok na die nuwe instansies soos Akademia. As hulle bereidwillig is om te skuif sal die studente volg. Die kursusse moet ook geakrediteer word deur die owerheid. Met harde werk kan al hierdie vermag word en Tuks kan dan Niks word. Wat se Tukkies logo op die hemde: Tuks of Niks.

Andrea van Vuren ·

Hoekom hoor ons niks van Orania nie? Vra maar net?

Confused ·

Dink hulle moet die kleure op hulle t-hemde omruil…….

DPJ ·

Ek sien die eerste tekens van revolusie aan die kom wat oorgaan na burgeroorlog.

Chris W ·

Die betogery het NIKS met taal te doen nie.Dit word as rookskerm gebruik deur die eff.Dis ‘n baie goed geokestreerde plan om blanke Afrikaans sprekendes se kultuur te vernietig.Die polisie is deel hiervan.Hulle neem 27 betogers in hegtenis maar daar is hoeveel duisend betogers???Dis lagwekkend man!Ek se die betogers moet met verfbal gewere geroer word!!Mens kry soliede nylon balletjies wat baie effektief is.

HAN ·

Kan nie glo dat ons Afrikaners nog steeds na al die jare ‘n bedreiging is nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Izzy ·

Nou wil sy ‘kliente’ op hulle studies fokus (te min … te laat). Al lankal gewonder hoekom al die klipgooiers nie in die klasse sit soos die res van die studente en leer nie.

Paar maande terug is Rhodes se standbeeld verwyder, want hulle probeer weg doen met enige tekens van ‘colonialism’. Tog wil hulle die taal praat van die ‘colonialists’ naamlik engels.?????

Johann V ·

Ja, dis ironies dat hierdie mense teen kolonialisme stry, maar tog hulle taal (Engels) as die alfa en omega beskou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.