27 vas ná oproer in Boland

Oproerige ondersteuners van twee gemeenskapsleiers van Kayamandi by Stellenbosch het Maandag asblikke uitgekeer en winkelvensters met bakstene stukkend gegooi toe die uitspraak van die hof waarin die twee verskyn het, hulle blykbaar nie geval het nie. Skermskoot: Facebook

Stellenbosch se munisipaliteit probeer nog agter die kap van die byl kom waarom die oproermakers wat die Eikestad Maandag op horings geneem het, hul woede op die plaaslike owerheid gerig het.

Stuart Grobbelaar, die munisipaliteit se kommunikasiebestuurder, sê twee gemeenskapsleiers het gister in die plaaslike landdroshof verskyn, maar “toe hul ondersteuners ongelukkig was met die hofuitspraak, het sowat 40 mense na die munisipaliteit toe opgeruk”.

Hy vertel toe hy berig van die naderende betogers ontvang het, het hy sy kamera gegryp en afgehardloop ondertoe, maar toe hy daar kom, het die munisipaliteit se eie wetstoepassers reeds die oproeriges uiteengedryf.

Die groep mense, blykbaar van die woonbuurt Kayamandi, het bakstene gegooi, vullisblikke uitgekeer en munisipale amptenare met knopkieries gedreig, maar toe hulle teenstand kry, verdeel en in kleiner groepies in Dorp- en Andringastraat afgehardloop.

Daar het die polisie 27 van hulle vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem, sê sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder. Sy sê sodra hulle aangekla is, sal hulle in die hof verskyn, moontlik nog Dinsdagoggend.

Grobbelaar sê die oproer was baie vinnig onder beheer. Enkele winkels in die middedorp het skade gely toe hul vensters stukkend gegooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wolf ·

Rehabiliteer, hierdie oproer makers deur hulle tot 2 jaar gemeenskaps diens te fonnis. Leer hulle om te werk en laat hulle elke dag hulle woonbuurt skoonmaak, die gereedsdkap wat hulle gebruik moet hulle self koop. Siedaar, probleem opgelos. Die plaaslike owerheid kan dalk daaraan dink nom hulle te vergoed vir hulle werk.

James ·

Baie makliker: Deporteer hulle terug Ooskaap toe. Almal van hulle.

Hanna Hoekom ·

Laat ons tog maar nie asem ophou nie… Hier sal ook net mooi niks van kom nie! Verban die hele spul terug Ooskaap toe. Hulle hoort nie hier nie. En hulle blyk in elk geval nie baie “gelukkig” in Stellenbosch te wees nie. So, pos hulle terug! Eenrigting.

Same ·

Same old same…hulle is in hegtenis geneem, net om ‘n paar weke later weer vry rond te loop en weer met hulle nonsense te begin…

Hoe nou....... ·

Stuur hulle eerder Zimbabwe toe – daar kan hulle maak en breek saam hulle broers en susters na hartelus – laat ons sien hoe ver hulle kom met die tipe gedrag in n ander land.

Waar kom hulle vandaan? ·

Kayamandi? Vanwaar kom die naam? Dis nie Khoi nie, ook nie San nie, en ook nie Europees nie. Ek glo ook nie Simon van der Stel het in sy dae al ooit van die plek gehoor nie, so waar kom die plek nou skielik vandaan? Waarom kan ons regering nie maar al hierdie ongenooide afbrekers net eenvoudig uit die land sit en terugbesorg aan hulle oorspronklike regerings nie? Hoekom moet SA die gelag betaal? Miskien moet iemand maar hier ook ‘n muurtjie kom bou – dit maak goeie besigheidsin om jou eie huis/land/besigheid/munisipaliteit/grense te beskerm teen indringers wat net afbreek en eise stel, maar geen opbouende waarde toevoeg tot iets waarvoor jy baie duur betaal om dit in stand te hou nie. Een ou landjie aan die Suidpunt is mos nog glad nie selfstandig en ryk genoeg om die hele Afrika te red nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.