Openbare-orde-polisie moes Vrydag weereens ontbied word om ʼn groep betogers voor die hekke van die Universiteit van Pretoria (UP) uitmekaar te jaag.
Sers. Asnath Melatsi, woordvoerder van die polisie, het gesê betogers het gewelddadig geraak, klippe na joernaliste en voertuie gegooi en polisievoertuie beskadig. Die polisie moes uiteindelik rubberkoeëls afvuur om die groep betogers uitmekaar te jaag.
“Altesaam 27 van die studente is in hegtenis geneem vir openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging. Hulle sal Maandag in die Pretoria-landdroshof verskyn,” het Melatsi gesê. Sy kon nie onmiddellik gerugte bevestig dat vier van die studente wat in hegtenis geneem is, lede van die studenteraad is nie.
“Tot dusver is geen beserings by die polisie aangemeld nie, maar studente wat beseer is, word aangemoedig om dit aan te meld.”
Die UP het Vrydag sy Hatfield- en Groenkloofkampusse gesluit nadat dreigemente ontvang is dat akademiese aktiwiteite ontwrig sal word, nadat EFF-lede Donderdag oproerig geraak het tydens ʼn openbare vergadering om die universiteit se taalbeleid te bespreek en lede van AfriForum Jeug na bewering aangerand is.
Die voorgestelde wysigings in die universiteit se taalbeleid sluit onder meer in dat Engels die primêre onderrigtaal in alle klasse sal wees en dat Afrikaans en Sepedi slegs gebruik sal word om addisionele ondersteuning vir studente tydens praktiese klasse en besprekings te bied.
- Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus
- Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus
- Foto: Daniëlla van Heerden/eNuus
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
41 Kommentare
dan miskien moet net die engels sprekendes belasting betaal aangesien afrikaans nie goed genoeg is vir hulle nie
Hoe kon dan nou anders verwag word
1) Die afgelope paar studente “stakings”, was n duidelike aanduiding dat hierdie protes optog nie veel ” rustiger ” sou gewees het nie
2) Twee groepe teenstanders op selfde plek ( afgesien van Afrikaans vs. nie-Afrikaans – enige twee groepe teenstanders ), is moeilikheid soek
As hierdie voorval onder die vaandel van die wanfunksionele ANC regering was sou ek dit miskien kon verstaan – dit was teen ‘n groep mense wat ‘n sekere taal praat. Kan ‘n mens nie die voorval ten minste sien as xenophobia, en ten ergste blatante rassisme nie? Dit val definitief êrens tussen in… Hoe kan ‘n mens nie die eskulasie van haat sien nie? – Afrikaanssprekendes word na my mening gehaat… Kan die konstitusie ons beskerm, en wanneer gaan ons, ons daarop beroep? Sal daar ‘n politieke wil wees om ons te help?
Die Universiteit Van Pretoria se bestuur het weereens nie gehuiwer om die Afrikaanse studente in die rug te steek nie. Ek dink dit is hoog tyd dat die blanke afrikaans sprekende studente dit permanent moeilik maak vir die gemors wat daar buite betoog.
Watter waardetoevoeging kan hulle lewer tot ‘n eens puik instelling.
Tans net ‘n groot gemors.
Die volgende Universiteit wat gaan deurloop is NWU want sekeres haat enige werkende suksesvolle instansies.