27 ‘veediewe’ in KZN vasgetrek

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

Altesaam 27 verdagtes is in net meer as ʼn week in verband met veediefstal-sake in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het van 19 tot 28 November operasies in die Madadeni-, Utrecht-, Dannhauser-, Dundee-, Ekuvukeni- en Charlestown-gebied gedoen om die vlaag veediefstal in die provinsie hok te slaan.

Volgens Zwane is daar tydens die operasies op 96 gesteelde beeste, 17 bokke en 15 skape beslag gelê. Die operasies is deur die Utrecht-, Glencoe-, Newcastle- en Vryheid-veediefstaleenheid gedoen.

Polisiebeamptes het slaghuise, plase en pensioenbetaalpunte besoek en ook die vervoer van vee gekontroleer. Altesaam 26 vee-eienaars is ook aangekla omdat hul vee nie gebrandmerk is nie.

Zwane sê twee mense is ook tydens die operasies in hegtenis geneem in verband met die besit van dagga.

Genl.maj. Bheki Langa, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir die inhegtenisnemings. “Veediefstal bly ʼn groot bron van kommer in die provinsie en ons sal voortgaan met sulke ondersoeke om oortreders vas te trek,” het Langa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.